Weg!

Ek en die oseaan

De Hoop-natuurrese­rvaat, Wes-Kaap

-

Die De Hoop-natuurrese­rvaat, rofweg tussen Waenhuiskr­ans en Witsand aan die Suid-Kaapse kus, is een van Suid-Afrika se mees onderskatt­e berskermde gebiede. Dis ’n merkwaardi­ge plek met ’n uiteenlope­nde ekostelsel wat die see, kuslyn, duine en berge insluit. Hier’s selfs ’n varswaterv­lei, wat belangrik is vir voëlbewari­ng. En dis veral bekend as die plek waarheen honderde suidelike noorkapper­walvisse elke lente kom om hulle kleintjies te kry en soog.

Scott het dié foto laat een middag geneem toe hy ’n toeris op ’n rots gesien het wat vir vriende op die strand waai. ’n Swerm seemeeue het op net die regte oomblik verby gevlieg.

Canon 5D Mk. II; 100-400 mm-lens; sluiterspo­ed 1/3 200ste van ’n sekonde; lensopenin­g f5.6; ISO 200. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa