Weg!

Waterdoolh­of

Hluhluwe-iMfolozi-park, KwaZulu-Natal

-

’n Eensame kameelperd loop deur stroompies in die iMfolozi-deel van die park. Scott het die foto van ’n krans af langs die Wit-iMfoloziri­vier geneem.

Hierdie is die oudste beskermde gebied in die land én die oudste amptelike reservaat in Afrika. Koning Sjaka het destyds hierdie deel van die land as sy persoonlik­e jaggebied verklaar. Mense is net toegelaat om ’n beperkte aantal diere te jag, en ook net sekere tye van die jaar. Dit was die enigste deel van SuidAfrika waar jag beperk was, en daar was dus baie meer diere hier oor as in die res van die land. Die gebied is in 1895 amptelik tot natuurrese­rvaat verklaar.

Dis ook hier waar bewaringsg­esindes soos Ian Player gehelp het om die witrenoste­r van uitwissing te red.

Canon 5D Mk. II; 100-400 mm-lens; sluiterspo­ed 1/2 000ste van ’n sekonde; lensopenin­g f5.6; ISO 200. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa