Weg!

Keen Uneek-sandale

-

Dié byderwetse sandale bestaan uit slegs ’n sool en ’n la-a-ang valskermto­uveter. Hulle is gemakliker as wat hulle lyk, en omdat die veters oneindig verstelbaa­r is, behoort elke soort voet daarin te pas. Die rubberagti­ge sool is besonder buigsaam en sal nie sommer op nat rotse gly nie.

En as jy op ’n verlate eiland sou skipbreuk ly, kan jy die lang veter as ’n tou gebruik. Prys R1 200 by Cape Union Mart ( capeunionm­art.co.za)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa