Weg!

Old Khaki Calliakort­broek

-

7 Dié kortbroek is van 98% katoen wat sorg dat dit lekker koel is op warm somersdae. Die oorblywend­e 2% is rekbare lycra wat keer dat dit soos ’n streepsak aan jou hang. Dit sit net so effens stywer op die regte plekke. Trek dit oor jou bikini aan en huppel af strand toe.

Dit het twee sakke voor – diep genoeg vir ’n slimfoon – en twee kleiner sakke agter vir ’n buisie lipsalf of ’n pakkie snesies. Die kakiekleur is ’n neutrale skakering wat by amper al jou hempies sal pas. Prys R500 by Cape Union Mart ( capeunionm­art.co.za)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa