Crocs Isabella Huarache-sandale
9 Wat gemak betref, is daar min skoene wat Crocs kan klop. Deesdae maak dié handelsmerk aantreklike skoeisel wat nie meer soos reptiele aan jou voete lyk nie.
Nugter weet waarvan hulle gemaak is (Crocs hou die formule geheim), maar die jellieagtige materiaal is duursaam, liggewig en die skuimrubber-binnesool is gemaklik. Hulle dra só lekker, ’n mens vergeet soms jy het hulle aan! Prys R750 by Trappers ( trappers. co.za) of crocssa.co.za >