Weg!

Cape Union Stream-waterskoen­e

-

3 ’n Ou swets lelik wanneer jy jou groottoon teen ’n onderwater­rots stamp terwyl jy ’n seekajak uitstoot. Hierdie waterskoen se rubbersool krul aan die voorkant op om jou tone te beskerm.

Die bokant van die sandaal is van poliuretaa­n en neopreen wat vinnig droog word. Die gapings aan die kant is groot sodat seesand maklik uitspoel, maar as ’n klippie tussen jou voet en die skoensool vashaak, kan dit vinnig uit- en aangetrek word. Prys R500 by Cape Union Mart ( capeunionm­art.co.za)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa