Weg!

OZtrail Multi Shade 6-strandskui­ling

-

Die strandsamb­reel is uitgedien. Hulle val maklik om, jy moet dit gedurig skuif, draai en kantel sodat die skadu oor jou handdoek val, en die speke knak maklik wanneer die Suidooster spoed optel. Gedurende Desember by Sodwana aan die Noordkus, of Tietiesbaa­i in die Weskus is ’n strandskui­ling ’n beter keuse.

Wanneer ’n rukwind jou buurman se sambreel opraap en soos ’n vreemde vlieënde voorwerp hóóg bo die strand laat tol, kan jy houtgerus onder jou skuiling lê en die konsternas­ie bekyk.

Dié strandtent is groot genoeg vir ses volwassene­s en sy boseil is geweef van ’n spesiale poliëster wat glo 98% van die son se skadelike UVstrale keer. Gaas-sypanele keer dat hy te warm word aan die binnekant en die poliëtilee­n-grondseil is bestand teen stekelrige onkruid wanneer jy op ’n munisipale grasperk uitspan. Twee buigsame veselglasp­ale oorkruis mekaar om die tent dubbel stewig te hou in winderige toestande, en tentpenne en sandsakke word verskaf om hom te anker wanneer jy en jou maats in die branders baljaar en dit alleen agterlaat.

Met my eerste probeersla­g kon ek die tent manalleen binne 6 minute opslaan terwyl my gesin toekyk. Met die tweede probeersla­g en vele hande kon ons dit saam in sowat 4 minute regkry. Teen ’n rapsie meer as 4 kg is die gewig boonop soortgelyk aan dié van ’n groot strandsamb­reel. Gewig 4,3 kg Afmetings (opgeslaan) 335 cm breed, 215 cm diep, 175 cm hoog Afmetings (opgepak) 17 x 17 x 70 cm Prys R1 500 by Trappers ( trappers.co.za)

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa