Weg!

1

-

Die knal wat op die middaguur deur Kaapstad dreun, is een van die oudste klanke in die land. Dié skoot word élke dag afgevuur; of dit nou paddas en platannas reën en of die Suidooster tier. (Net nie op ’n Sondag en openbare vakansieda­g nie.)

Die Britte het dié tradisie in 1806 gevestig. Eers om vir die boere aan te dui daar is nuwe klante in die hawe, en later om dié skepe te help om die akkuraathe­id van hulle mariene chronomete­rs te bepaal. Skepe wat verder weg op anker gelê het, moes die spoed van klank in ag neem en het eerder hulle instrument­e op die wolkie rook uit die kanon ingestel – een van die redes hoekom die kanonne op ’n heuwel bo die stad lê.

“Sover ek kan onthou, was daar nog elke dag iemand wat die aksie kom dophou het,” vertel eerste onderoffis­ier Dudley Malgas, wat al 15 jaar by die middagkano­n gestasione­er is (hy wil vanjaar aftree).

Vanmiddag is dit vreedsaam en effens koel op Vlaeberg wat bo die Bo- Kaap waghou. Dis stil buiten vir ’n paar hadidas wat in die verte roep.

Die kanonne is meer as 200 jaar oud – die oudstes ter wêreld wat nog daagliks gebruik word. Die een word George Rex genoem, na die Britse imperialis en stigter van Knysna. Laat jou hande oor die koel metaal gly en soek vir die “W & CO” wat daarop afgeëts is. Dit staan vir Walker and Company, die firma wat die wapen eeue gelede gegiet het. Elke kanon weeg meer as 1,5 ton. Eerste onderoffis­ier Malgas sit kruit in die kanon en beduie die skare moet sowat 15 m wegstaan. Die skoot word sowat 10 km weg afgevuur, volgens die meesterhor­losie by die Suid-Afrikaanse Sterrewag in Observator­y.

Daar word getel en die kanon skiet ’n allemintig­e skoot. Dan heers absolute stilte. Nie ’n hadida in sig nie. Waar? Lion’s Battery, Militêre Weg. Loop met Militêre Weg op en volg die aanwysings. Tyd Besoekers word elke dag om 11.30 vm. toegelaat. Dis gratis. Meer inligting 021 423 4361

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa