Weg!

4

-

Die gedempte roomkleur mure van die Bo-Kaap-museum staan uit tussen al die kleurryke geboue. Kliptrappi­es lei tot by ’n groen deur waaragter vier kamers lê. Die eerste kamer is versier met antieke meubels en jy kan ’n 20 minute lange video kyk oor hoe dit was om hier groot te word, soos vertel deur die inwoners. ’n Jong man vertel: “Die hele gemeenskap het gehelp om die kinders groot te maak en dit het byna ’n uur geneem om ’n paar blokke te stap omdat almal eers geselsies wou aanknoop.”

“Ek het ’n Christensk­ool bygewoon. Ek moes elke dag tydens skoolure uit die Bybel lees en bid saam met die leerders, maar ná skool het ek na die moskee gegaan waar ek tot vyfuur van my eie geloof geleer het.”

Die tweede kamer het moderne beligting en swart-wit foto’s van straattone­le, familiebye­enkomste en troues. In die derde kamer kan jy kyk na ou speelgoed, pakkies wierook en ou kasregiste­rs wat desjare in Atlas Trading oorkant die pad gebruik is. (Sien #2).

Die vierde kamer met sy groot koperpotte is ’n nabootsing van ’n BoKaapse kombuis. Klim die kliptrappi­es buite en jy sien ook twee perdekarre en kleurfoto’s van die winkels, huise en dansgroepe deur die jare.

As jy die kinders wil omkoop om stil te sit vir die video, belowe hulle ’n koesister van Rose Corner Café oorkant die pad (R9 vir drie). Waar? Waalstraat 71 Oop 10 vm.- 5 nm.; gesluit op ’n Sondag. Koste R20 per volwassene; R10 per kind tussen 6-18; gratis vir kinders jonger as vyf. Kontak

021 481 3938;

iziko.org.za

– Jaco-Mari Futcher

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa