Weg!

NOG DOENDINGE

-

KOOP KRALETJIEK­UNS By Monkeybiz kan jy tradisione­le Afrika-kraletjiew­erk deur townshipku­nstenaars koop. Hierdie is nie alledaagse kraletjiew­erk nie – hulle het ’n moderne kinkel. Party van die kunswerke is al by Sotheby’s uitgestal en word in winkels in New York, Parys en Londen verkoop. (Waalstraat 63; 021 426 0145; monkeybiz.co.za) Loer ook in by Streetwire­s, waar jy kan sien hoe die kunstenaar­s in hulle ateljee enigiets van sebras en hoep-hoepe tot taxi’s uit draad maak. (Kortmarkst­raat 77; 021 426 2475; streetwire­s.co.za)

– Shae Frank

MAAK ’N DRAAI BY DIE AUWAL-MOSKEE As jy wil gaan kyk hoe lyk Kaapstad se oudste moskee, bedek jou arms en bene en pak ’n serp in. Die beste tyd is net voor of ná bidtyd: 11.30 vm.-12.20 nm. en 2 nm.-3 nm.

Jy kan ook kyk na die Koran, geskryf deur Tuan Guru – onthou om jou skoene uit te trek voordat jy oor die mat soontoe stap. Waar? Dorpstraat 34 Kontak 081 362 9419

VAN WAAR AL DIE KLEURRYKE HUISE? Daar’s ’n paar stories hieroor: In die beginjare was die huise meestal roomkleuri­g en was dit moeilik vir besoekers om uit te pluis waar wie bly. ’n Dokter verf toe sy huis pers. Sy besigheid het skielik baie goed gevaar omdat almal geweet het waar om hom te kry. Kort daarna het die verskillen­de vakmanne hulle huise in verskillen­de kleure begin verf.

’n Ander storie loop dat inwoners mettertyd toegelaat is om hulle huise by die stadsraad te koop. Hulle het dit dan gevier deur hulle huise in helder kleure te verf. Daar word ook vertel dat die nuwe huiseienaa­rs nie genoeg geld gehad het vir opknapping­s nie en hulle huise bloot geverf het met die goedkoopst­e verf wat hulle in die hande kon kry.

’n Laaste moontlikhe­id is dat van die inwoners hulle huise verf as deel van Ramadanvie­ringe.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa