Weg!

‘Grosspapa’ Johannes Krapohl se huis – 95 jaar later

-

Minkie Jonker, my skoonma, se stories oor haar oupa “grosspapa” Johannes Krapohl het my nog altyd geboei. Dié se oppasser het hom glo as klein seuntjie deur die Oranjerivi­er geabba toe sy sendelingg­esin gedurende die Hereroopst­ande in Namibië na Suid-Afrika gevlug het.

Ná Minkie se dood het ek bokse ou familiefot­o’s geërf, onder meer dié een (die “Toe”-foto) wat in 1921 geneem is. Hier staan Johannes se vrou, Johanna, hulle dogter Elfrida en ’n vriendin voor hulle huis op hulle plaas, Abbasas, naby Concordia in die Noord-Kaap. “Abbasas” beteken “deurdra” in Nama.

Ons het vroeër vanjaar die Namakwa-4x4ekoroet­e in dié omgewing gaan ry in die hoop om meer oor die Krapohls te leer. Die kaart van die roete verwys na die “Abbasas-plaashuis,” maar ons het nie verwag om veel meer as ’n murasie te sien nie. Toe ons daar kom, kon ek my oë nie glo nie. “Daar is die huis! Kyk, daar is die pilare! Daar staan grosspapa se huis!” het ek geroep.

Ons was verstom om te sien die huis is nog in ’n goeie toestand, met Abraham en Martha Cloete wat al 15 jaar daar woon. Ons het gevra of ons ’n foto mag neem en het die 1921-foto nageboots, met ’n bakkie in die plek van die perdekar.

“Grosspapa” Johannes was ’n interessan­te karakter. Hy het in sy leeftyd as onderwyser, landmeter, algemene handelaar, boer en veespekule­erder gewerk.

As staatsland­meter in Namakwalan­d het hy onder meer die ou Gemsbokpar­k (deesdae die Kgalagadi-oorgrenspa­rk) opgemeet. Hy het twee eilande in die Oranjerivi­er, stroomop van Abbasas, na hom en sy vrou genoem – Krapohlen Marten-eiland. Hy het ook plante en diere vir wetenskapl­ikes versamel. ’n Plantkundi­ge het selfs ’n plant wat net in dié gebied voorkom, die Aloe Krapohlian­a, na Johannes genoem!

Die Krapohls het tot in 1932 in dié huis gebly toe Johanna oorlede is en Johannes by hulle dogter, Elfrida, en haar man in Middelburg gaan woon het. Hy is in 1949 oorlede.

– Annami Jonker

ONS SOEK JOU KIEKIES. Het jy ou swart-wit foto’s wat die storie van toeka se toere, gesinsvaka­nsies of avonture vertel? Stuur dit gerus na

suzaan.hauman@media24.com

 ??  ?? VAN PERDEKAR TOT BAKKIE. Op die “Toe”-foto staan Elfrida Krapohl (links) en haar vriendin Magriet Morkel agter, en Johanna Krapohl sit voor. Op die “Nou”-foto staan agter van links: Annami se swaer, Danie de Wet, haar man, Andries en hulle dogter,...
VAN PERDEKAR TOT BAKKIE. Op die “Toe”-foto staan Elfrida Krapohl (links) en haar vriendin Magriet Morkel agter, en Johanna Krapohl sit voor. Op die “Nou”-foto staan agter van links: Annami se swaer, Danie de Wet, haar man, Andries en hulle dogter,...
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa