Pad­stal­le Hiér is die melk­tert tops

Weg! - - Front Page -

Weg se joer­na­lis­te ken Suid-Afrika se lang­pad by­na be­ter as hul­le op­rit­te tuis. Maar selfs ons het nog nie naas­ten­by ál die land se bes­te af­trek­plek­ke aan­ge­doen nie. Daar­om het Weg aan die ein­de van ver­le­de jaar vir jou, die le­ser, ge­vra om jou guns­te­ling­pad­stal te be­noem.

Meer nog: Ons was op soek na die puik­ste pad­stal met spe­si­fiek die smaak­lik­ste melk­tert, want hier by Weg lê melk­tert ons na aan die hart.

Die be­noe­mings het in­ge­stroom en met be­hulp van ’n aan­lyn­stem­me­ry is ’n wen­ner, ’n naas­wen­ner en ’n der­de plek be­paal. Hier is hul­le dan: drie uit­ste­ken­de af­trek­plek­ke waar­by jy van­jaar kan stil­hou vir top­melk­tert so­wel as ’n rits an­der lek­ker­tes! >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.