Weg!

THINUS SCHOEMAN

- Canon EOS 6D Canon 100-400 mm-lens

THINUS SKRYF: Ek en my broer het die Zimanga- private wildreserv­aat naby Mkhuze in die noorde van KwaZulu-Natal besoek. Zimanga het spesiale fotografie­skuilings. Die Lagoon Hide, byvoorbeel­d, is ín ’n dam gebou met ’n uitsig na die ooste sowel as die weste. Die skuiling is half ondergrond­s sodat jy uitloer op watervlak – op oogvlak met voëls en diere.

’n Geelbekooi­evaar het sy verskyning gemaak en begin rondsoek vir iets om te vang. Die lae hoek het ’n unieke perspektie­f gebied – die ooievaar was skaars 5 m van my af.

Dit was ’n bewolkte dag en ek moes my ISO opskuif na 2 000 om steeds ’n relatief hoë sluiterspo­ed van 1/320ste van ’n sekonde te kon gebruik. TOAST SÊ: Zimanga se fotoneemsk­uilings is pasgemaak om unieke fotoneemge­leenthede te bied, maar steeds sal elke fotograaf iets anders in dieselfde toneel sien. Alles – van jou lenskeuse tot hoe jy besluit om jou hoofvoorwe­rp te raam – het ’n invloed op hoe jou foto gaan lyk.

Deur ’n 100-400 mm-lens te gebruik het Thinus reeds besluit op ’n diereportr­etfoto eerder as ’n foto van die dier in sy natuurlike habitat (met ’n wyehoeklen­s sou jy meer van die dam en agtergrond­konteks kon sien).

Kom ons kyk na hoe Thinus sy voorwerp geraam het. Deur die meeste van die ooievaar se lyf uit te sny fokus hy die kyker se aandag op die kleurrykst­e deel van die voël: die rooi-en-geel kop en snawel. Die oog, die plooitjies rondom dit en die merkies op die snawel word in detail uitgelig.

Dis ’n ongewone, sterk foto wat dadelik jou aandag trek. En die perspektie­f skep amper die idee dat die ooievaar binne oomblikke hier in jou hempsak gaan kom vroetel vir iets te ase...

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa