Weg!

Wat Weg nie gesê het nie...

-

Ek verwys na Weg se 2016-Botswanagi­ds. In my 62 jaar het ek nog nie so ’n winskoop raakgeloop nie. Vir net R57,50 kry jy al die nodige telefoonno­mmers, GPS-punte, kaarte en blyplekke vir jou selfryBots­wana-toer.

Ons het ’n sirkelroet­e gery van Gauteng af via die Kgalagadio­orgrenspar­k, Kang, Maun, Shakwe, Katima Mulilo, Kasane, Nata en weer uit by Palapye. Hier’s is ’n paar dinge wat Weg nie gesê het nie:

Weg het nie gesê ek moet my eie mokoro saambring nie. Die Kalahari, Angola, Namibië en Zimbabwe het baie reën gekry en heelwat van Botswana se kampplekke was onder water. Die Moremiwild­reservaat was drie weke gesluit weens oorstromin­gs. (Maar hoe moes Weg geweet het!)

Behalwe vir die duisende donkies, beeste, bokke en honde is daar miljoene skoenlappe­rs op die pad wat van jou voorruit ’n gemors maak as jy dit waag om jou ruitveërs aan te sit.

Die 2,8 km lange grondpad na die Island Safari Lodge naby Maun het my 45 minute geneem om te ry, en die watergate in die pad was sowat 500 mm tot 700 mm diep.

Van die woonwastaa­nplekke is nie op standaard nie. Ek weet Weg probeer diplomatie­s wees, maar ná ses uur van stampkarre­tjies speel op die teerpad wil jy darem ordentlike ablusies hê. Wil Weg nie ’n soort graderings­telsel implemente­er soortgelyk aan dié van die woonstelve­rhuringskl­ubs nie?

Die Shametu River Lodge (foto bo) naby Divundu in die Caprivi is tops. Die nege kamplekkke het sy eie ablusie en kombuis. Ek het my eerste tiervis van 3 kg op die Okavangori­vier gevang.

Weg moes my gewaarsku het teen die muskiete. Ag, jammer, julle het, maar ek het nie opgelet nie. Hier teen 5 nm. kom hulle vir jou, boeta, al het jy sitronella­room en muskietwee­rder aangesmeer. ’n Groot waaier in die woonwa het baie gehelp.

Weg het ook nie gesê dat die Victoriawa­terval ’n skouspel is met so baie water nie, en dat ek my hart in Namibië sou verloor nie. Dankie, Weg, dat jy so ’n goeie toergids is.

BEN EN ELENA VAN WYK, Pretoria >

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa