Weg!

’n Karoo-reisgenoot

- – Erns Grundling

Hulle is bekend vir hulle topverkope­rboeke Karoo Keepsakes I en II. Nou het die Cradock-inwoners en skrywers Chris Marais en Julienne du Toit ’n nuwe boek, Road Tripper – Eastern Cape Karoo, op die rak. Hierdie puik boek

sal maklik in jou paneelkiss­ie pas. Ons het vir Chris ’ n paar vrae gevra. Waarom het julle op ’n klassieke Oos-Kaapse Karoo- road trip besluit? Aangesien ons al tien jaar in hierdie streek woon en werk, wou ons ’n leefstylpo­rtaal en ’n reisigersg­ids skep met 130 brokkies wat 14 dorpe en gehuggies in die gebied insluit. Ons stel ’n splinternu­we ovaalvormi­ge roete van 1 000 km voor wat bemark kan word as “die egste road trip in Suid-Afrika”. Jy kan dié roete in twee dae of oor twee maande doen, afhangende van hoe lank jy wil kuier.

Wie sal hierdie boek graag wil lees? Mense wat hou van road trips – of dit nou gesinne, verliefdes, motorfiets­ryers of alleenreis­igers is.

Ook rugsakreis­igers van regoor die wêreld en ouer mense wat daarvan hou om stadig te reis. Ons is ook baie opgewonde oor die nuwe golf van jonger road trippers wat die boek as ’n gids vir die streek gebruik.

Die Karoo strek oor vier provinsies. Wat maak die Oos-Kaapse Karoo besonders? In die eerste plek die mense: Hulle is vriendelik en ons geniet hulle sin vir humor. Ons vind aanklank by die samehorigh­eid onder mense hier, en reisigers sal dit ook geniet. Dan is daar die geografie – landskappe wat jou stomslaan. En natuurlik ook die verskillen­de lae van stories, sommige strek tot 250 miljoen jaar terug. Elke dorp het sy legendes, elke plaas sy erfenis.

Noem ’n paar gunsteling-ervarings in die boek. Die items in die boek is so ontwerp om die reisiger nader aan die locals langs die roete te bring. Ons moedig “kossafari’s” en die kuns van padkos versamel aan, ons bemark die betowering van gasteplase, ’n ou hotel uit die Victoriaan­se era of ’n windpomppi­ekniek langs die langpad. Ons vertel van die plaaslike humor, die spesiale taalgebrui­k, die vele feeste, van die ou legendes en ’n paar lewende legendes.

Daar is ’n groot buitelewef­okus op bergfietsr­oetes, wedlope, roei-uitstappie­s, forelvang, wildritte en staproetes. Jy kry ook ’n goeie idee van waar om te eet en oornag. Ons probeer dit doen waarin gidsboeke selde slaag: Ons deel intieme slices of life wat stories en charisma na ’n streek bring en reisigers sal boei. Jy gaan die grootste deel van die boek se inhoud nie sommer op Google kry nie.

Vertel ons van die stempels in die boek. Ons het oor die jare gevind dat eienaars en gaste aanvanklik effens skugter is vir mekaar. Hierdie boek is ’n ysbreker! As ’n padstal of gastehuis in die boek is, sluit dit gewoonlik ’n signature stamp in op die bladsy. Ons wil hê die reisiger moet na die eienaar gaan en vra dat hy of sy die stempel in die boek teken. Ons stel dan voor dat die eienaar iets vir die gas gee – van afslag tot ’n gratis drankie of sommer net ’n drukkie. Die waarde van die geskenk is nie belangrik nie – dit gaan oor die welwillend­heid.

Julle is bekende Karoo-ambassadeu­rs. Het dit verander hoe mense in die Karoo teenoor julle optree? Ons is almal deesdae een groot familie. Baie mense in die plaaslike toerismebe­dryf is op ’n manier verbind aan ons webwerf,

karoospace.co.za. Hulle verkoop ons boeke, ons vertel hulle stories en ons almal drink graag saam wyn. Wanneer jy op die platteland woon en werk, is so ’n netwerk nodig.

Watter reise wag op jou en Julienne? Ons is elkeen hierdie winter met ons eie Karooverwa­nte boek besig. Maar ons sal steeds gereeld die langpad vat en hopelik weer in die Noord-Kaap gaan draai. Ons groot reis vir die jaar is egter ’n road trip van vyf weke langs die noordwesku­s van Amerika: Ons begin in Los Angeles en eindig by ’n kroeg in Montana genaamd The Dirty Shame Saloon. Ons hoop om vol inspirasie en vars idees terug te keer na die Karoo.

Waarom is julle lief vir die Karoo? Die Karoo en sy stories het ware betowering en betekenis by ons lewens gevoeg. Road Tripper – Eastern Cape Karoo word uitgegee deur MLM Publishers. Jy kan die gedrukte (R240) of e-boek (R150) by karoospace.co.za bestel. Die boek is ook beskikbaar op 50 plekke (meestal padstalle) in die Oos-Kaapse Karoo en in spesialisb­oekwinkels in Port Elizabeth en Clarens.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa