Weg!

WEET VOOR JY WAAI

-

Visums Suid-Afrikaners het nie visums nodig vir Tanzanië nie. Wat kos dit? Parktoegan­g kos US$70,80 per persoon per dag (R971). Kinders tussen 5 en 16 jaar betaal US$23,60 (R324). Dit kos ook US$47,20 per voertuig (sowat R647) per dag.

Kamp by openbare kampplekke kos US$35,40 per persoon per nag (sowat R485,50). Die geriewe hier is basies (spoeltoile­t, storte) en jy moet self kos voorsien.

Al hierdie pryse sluit BTW in, wat jy moet betaal (en nie later kan terugeis nie). Hoe betaal ek? Jy betaal die parken kamptariew­e by die ingangshek, met ’n kredietkaa­rt. Ons het niks vooraf bespreek nie. Hoe lyk die paaie? Jy kan teerpad ry van Suid-Afrika tot by Ngorongoro, die park net oos van Serengeti. Maar binne Ngorongoro en Serengeti is die paaie als grond en in ’n swak toestand. Jy moet dit net met ’n 4x4 aanpak (veral in die nat seisoen). Hoeveel tyd het ek nodig? Indien jy self ry, gee jouself minstens ses weke Serengeti toe en terug. Daar’s baie om te sien langs die pad!

Indien jy tot in Arusha vlieg, kan jy maklik ’n hoëimpak-tiendagsaf­ari doen wat Tarangire, Manyaramee­r, Ngorongoro en Serengeti insluit. Brandstof? Brandstof is beskikbaar by die Seronera-kamp in Serengeti. Jy is nie gewaarborg van 50 ppmdiesel nie. Dis raadsaam om ten minste een kan noodbrands­tof saam te ry.

Verdere inligting Parktariew­e (hulle lys die pryse sonder die 18% BTW) en inligting oor al Tanzanië se nasionale parke is te vinde by

tanzaniapa­rks.go.tz

Bestel Bradt se Northern Tanzania, deur Philip Briggs en Chris McIntyre. R235 by takealot.com

Kry ook Tracks4Afr­ica se OosAfrika-data vir jou GPS. R299 by

tracks4afr­ica.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa