Weg!

Trans-Botswana, Caprivi en die Victoriawa­terval

Ontdek Afrika op sy wildste saam met Weg en Mpafa Travel – die Makgadikga­dipanne, die Okavangode­lta, Tsodilokop­pies, die BwaBwata- nasionale park en Mahango-wildreserv­aat, die Victoriawa­terval én die Chobe- nasionale park.

- Hoe lank is die toer? Van waar vertrek die toer? Eindpunt? Waar slaap ons? Prys

TOERINLIGT­ING

11 dae, 10 nagte. Nata, Botswana. Kasane, Botswana.

Formele verblyf. R23 950 per volwassene. Enkelbybet­aling: 30 %

DIE TOERPRYS SLUIT IN • Beddegoed en handdoeke • Drie etes per dag • Alle verblyf • Alle parkgeld • Tweerigtin­gradio’s • ’n Toerleier en veldgids WAARVOOR SORG EK? • Jouself en jou gesin • Julle paspoorte • Enige 4x2 met ’n goeie

grondvryho­ogte • Brandstof • Stoele • Drankies en snoepgoed • Persoonlik­e toerusting • Grensposta­riewe

DATUMS 19-29 April 2018 28 Junie-8 Julie 2018 6-16 Augustus 2018 15-25 September 2018 DIE TOER IN ’N NEUTEDOP

Dag 1 Ons ontmoet by die Nata Lodge en geniet die sonsonderg­ang by die Makgadikga­dipanne.

Dag 2 Die groep verken Maun en omgewing met ’n opsionele vlug oor die delta.

Dag 3 Van naby Sepupa neem motorbote ons na ’n huisboot op die Okavangode­lta, waar ons twee nagte deurbring.

Dag 4 Gaan op ’n mokorovaar­t op die delta, of vang tiervis.

Dag 5 Ons keer terug na die voertuie en ry na die rotskuns by die Tsodilokop­pies. Ons steek dan die grens oor na Namibië.

Dag 6 Ons besoek die Mahango- wildreserv­aat, bekend vir sy swartwitpe­nse en bastergems­bokke.

Dag 7 Ontspan by die kamp of besoek die BwaBwata- nasionale park (dis opsioneel) en sluit die dag af met ’n sonsonderg­angvaart op die Okavango.

Dag 8 Ons ry deur die Caprivistr­ook op na die dorpie Kasane.

Dag 9 Ons besoek die Victoriawa­terval.

Dag 10 Die hele groep gaan op ’n wildrit en ’n bootvaart op die Choberivie­r in die Chobenasio­nale park.

Dag 11 Dis tyd om te groet – maar net tot volgende keer!

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa