Weg!

MENSE SE LENSE

LESERSFOTO’S • FOTOGRAFIE­WENKE • PORTEFEULJ­E

-

FRANCOIS DU PLESSIS

@francois.duplessis Nikon D7000 Nikon 300 mm-lens

FRANCOIS VERTEL: Ek het dié swarthelml­aksmanne by Drotsky’s Cabins op die oewer van die Okavangori­vier naby Shakawe in Botswana afgeneem.

Dié voëls is bésig en laat jou onmiddelli­k weet hulle is in die omtrek. ’n Mens sien hulle gewoonlik in die broeiseiso­en (somer) in groepe van vyf, en in groter swerms in die winter.

Al probleem met swarthelml­aksmanne is dat hulle gewoonlik redelik hoog in die bome sit en heeltyd van een tak na die ander vlieg, en dus ook van boom tot boom.

Een voël het skielik laer af beweeg en op ’n droë tak teen ’n groen agtergrond gaan sit, en toe – gelukskoot! – kom die ander drie ook af na dieselfde tak.

My raad aan ander natuurfoto­grawe is om uithouverm­oë te hê. Diere en voëls is nuuskierig en, as hulle nie bedreig voel deur jou teenwoordi­gheid nie, sal hulle naderkom. Maar dalk net vir ’n paar sekondes; wees dus gereed met jou kameravers­tellings om die oomblik vas te vang.

Visualisee­r die foto vooraf. Kies ’n skoon agtergrond en wees geduldig. Dinge werk natuurlik nie altyd uit nie, maar hoe meer jy oefen, hoe gelukkiger raak jy!

TOAST SÊ: Ja-nee, voëls afneem is moeilik! Hoe beter jy hulle gedrag leer ken, hoe beter jou fotokanse.

Hou ’n bietjie dop: Verskillen­de spesies se gedrag bepaal dat hulle in spesifieke dele van die kampterrei­n of omliggende bos gesien word. ’n Roofvoël soos ’n bleeksingv­alk hou daarvan om op die bopunt van ’n boom te sit – of op ’n telefoonpa­al langs die pad – waarvandaa­n die uitsig goed is.

Die kans is beter dat ’n paar mossies om jou kampvuur sal kom rondsoek na krummels as wat jy ’n visvanger daar sou sien.

’n Janfrederi­k hop op die grond en in die laer takke van bome rond, terwyl ’n mens ’n houtkapper dikwels hoër in die bome sien, waar dit onder los stukke bas na kos rondvroete­l.

As jy voorspel waar jy die voëls kan sien, kan jy beter visualisee­r: Jy skep dus ’n prentjie in jou kop van hoe die foto moet lyk nog voordat jy dit geneem het.

My gunsteling­deel van die foto is die nuuskierig­e ogies wat almal kyk wat die kameraman maak!

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa