Weg!

ADÉLE BERGH

@abergh5 Samsung S6

-

ADÉLE SKRYF: Ek het hierdie foto laasjaar in die Toringkerk in die Paarl geneem. Ongelukkig het ek nie my Canon-D-SLR-kamera by my gehad nie, en ek het die foto sommer met my selfoon geneem. Die lig was so mooi!

My selfoonfot­o’s is “onthoufoto’s” wat die oomblik vinnig vasvang. Daar is vele lekkertes aan selfoonteg­nologie. Die kamera is kompak, lig en altyd beskikbaar. Ek deel dié foto’s met familie en vriende; dit is dus meer spontaan. Ek dink net aan komposisie en lig en nie juis oor die ander verstellin­gs nie.

Ek verkies landskappe of natuurtone­le vir D-SLR-fotografie. Daarom moet ek meer dink en beplan oor hoe die foto moet lyk. Ek noem dit my “foto’s met siel”. My benadering is dan meer kompleks: Ek neem graag in sagte lig foto’s (op ’n spesifieke tyd van die dag), gebruik my driepoot en neem een toneel met verskillen­de verstellin­gs af.

TOAST SÊ: Mooi lig is die element wat ’n andersins doodgewone foto skielik kan laat dans. Enige ywerige fotograaf is iemand wat oplet waar die beste lig sy ding doen.

Die goue uur vroegdag en laatmiddag bied die beste lig vir buitefoto’s en veral landskapfo­to’s. Maar binne geboue kan ’n kol natuurlike lig van buite deur ’n venster val en ’n toneel ophelder – maak nie saak watter tyd van die dag dit is nie.

Kerke is dikwels juis met groot vensters ontwerp om die beste te maak van natuurlike lig. Boonop dra die kleure van gebrandski­lderde vensters ook by tot sagte lig wat dadelik vir jou ’n gevoelswaa­rde gee – en dié foto het hope gevoel!

Adéle se besluit om die foto in portretraa­mformaat te neem is belangrik. Die ontwerp van die kerk se venster kom nou tot sy reg, asook die netjiese lyne wat die kerkbanke maak: Kyk hoe lei die banke jou oog deur die foto van die voorgrond na die agtergrond.

Eenvoudig maar slim!

>

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa