Weg!

STEPHANIE DU PLESSIS

@antsypants­photograph­y Canon EOS 600D Sigma 70 mm-makrolens

-

STEPHANIE VERTEL: My fotodag het in Kalkbaai se hawe tussen die kleurvolle vissersbot­e begin. Kalkbaai is ’n lekker plek vir reisfotogr­afie, want daar is ’n groot verskeiden­heid van onderwerpe om af te neem.

Ek het die mans gewaar wat dié oulike items maak en verkoop. Hierdie foto is een van my gunsteling­e omdat die kralewerk ’n netjiese, skoon prentjie gemaak het teen die wit muur.

TOAST SÊ: Dis goed om tyd aan jou kant te hê. Vat een Saterdag die pad na ’n plek waar dit veilig is om met jou kamera rond te stap. Doen dit op jou eie of saam met ’n fotovriend. Kies ’n mooi plek waar daar binne ’n radius van een kilometer baie is om af te neem. Dit kan ’n buurtmark wees, of ’n wynplaas of ’n dorpie by die see.

Vir ’n uitstappie soos dié het jy eintlik net een lens nodig. ’n Veeldoelig­e lens soos ’n 24-70 mmof 18-200 mm-lens is genoeg. Jy kan jouself ook meer beperk en ’n 70 mm-makrolens (soos Stephanie) aanskroef. Ek het self ’n 35 mm-lensie wat ek graag vir sulke geleenthed­e gebruik.

Deur net een lens op jou kamera te hou fokus jy jou aandag meer op dit wat jy sien. Stap nader as jou lens nie kan inzoem nie. Dis ’n ou fotografie­gesegde: hoe nader, hoe beter.

Nog ’n voordeel van met ’n “vaste” lens soos ’n 70 mm of 35 mm skiet, is dat jou komposisie dadelik verbeter omdat jy nie lui gaan raak met ’n in- of uitzoemery nie.

Sif deur al die tonele wat by jou verbykom. Watter een het die “skoner” agtergrond? Die een met minder dinge in die agtergrond wat jou aandag gaan aftrek – dis waarna jy soek. Posisionee­r jouself reg en probeer meer as een posisie. Sit, staan, lê. Watter hoek werk die beste? Moet die son agter jou of voor jou wees? Probeer al twee. Op hierdie manier leer jy jouself om tonele te ontleed. Jy leer lig “lees”.

Ek hou van Stephanie se foto omdat die blou en oranje draaden-krale-seeperdjie­s wat daar hang netjiese skaduwees gooi. Die herhaalde vorms van dieselfde voorwerp gee die foto ’n grafiese element.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa