Weg!

HOU DIE LADING REG Hoe om na jou ekstra battery te kyk

Met die Paasvakans­ie agter die rug, is die kans goed dat jou ekstra battery ’n bietjie instandhou­dingswerk nodig het. Jou battery doen dalk permanente skade op terwyl jy hier lees! Maar moenie bekommerd wees nie – daar’s nog tyd om jou battery te red en

-

Daar’s baie wat ’n mens oor batterylew­e en hoe dit met herlaaitem­po’s verband hou, kan sê. Ter wille van eenvoud: ’n Battery wat erg ontlaai is, moet genoeg tyd gegun word om te herstel.

Daar’s ’n gewilde wanopvatti­ng dat ’n battery vinnig en in ’n kort tydjie kan herlaai. Dis eenvoudig nie waar van die meeste batterye nie.

Ongelukkig dra baie min batteryver­vaardigers en onderdeel-winkels hierdie boodskap oor, e no ver land

reisigers moet die prys betaal. h e Hierdie grafiek wys hoeveel bruikbare energie uit’ n 105 A h-diep siklus battery getrek kan word. Die uitgeligte deel wys die veilige bedryfsone en is gelyk aan ’n 70%-ontlaaidie­pte. Met ander woorde: Jy kry nie 105 Ah uit ’n 105 Ah-battery nie!

In die algemeen kan jy tussen 70 en 75 Ah- bruikbare energie uit die bogenoemde battery kry voor dit die fase van diep ontlading binnegaan – waar batteryska­de bespoedig en die lewe van die battery verkort word.

Wat’s die punt dus? Om ’n battery in ’n ont-laaide toestand te los versnel agteruitga­ng en veroorsaak permanente skade.

Dit maak nie saak of jy ’n solenoïeds­telsel (sien die geel streep), of ’n 20 amp-GS-totGS-stelsel (sien die rooi streep) geïnstalle­er het nie, dit kos steeds meer as vier uur se rytyd om ’n 105 Ah-diepsiklus battery ten volle te herlaai. Die grafiek wys die herlaaitem­po’s van ’n solenoïeds­telsel en ’n GS-tot-GS-laaier, waar die alternator 13,9 V lewer.

EN NOU?

Daar is soveel veranderli­kes wanneer dit by ’n dubbelbatt­erystelsel kom, maar in die algemeen is die volgende waar: Die meeste dubbelbatt­erygebruik­ers is nie bewus daarvan dat hulle ekstra battery gedeelteli­k ontlaai is nie, en as gevolg hiervan word die werkverrig­ting en lewensduur van die battery benadeel. Dit lei tot gereelde batteryver­vanging – of die onvermoë om ’n kampyskas deur die nag van krag te voorsien.

Die eenvoudige oplossing hiervoor is natuurlik om meer te ry, maar vir die meeste vakansiega­ngers is dit eenvoudig net nie prakties om vier tot agt uur te ry om ’n battery te herlaai nie. Daar is natuurlik ook ’n goeie kans dat jou ekstra battery nie ten volle sal herlaai nie, veral as dit die vorige nag diep ontlaai is.

Dis ’n eksponensi­ële probleem: Elke dag wat die battery nie ten volle herlaai word nie, is daar ’n vergrote risiko dat dit ’n diepontlaa­ide stelsel gaan word, wat moeilik is om te herstel.

Gelukkig is die oplossing eenvoudig. As jy ’n ekstra battery besit, het jy ’n 220V-instandhou­dingslaaie­r nodig om die volle kapasiteit te herstel en te verseker die battery se gesondheid bly optimaal, reg vir jou volgende avontuur.

National Luna se nuwe Intelligen­t Maintenanc­e Charger verseker jou battery kry wat dit nodig het in terme van tyd en energie om ten volle herlaai te word.

National Luna se laboratori­um het jare se ervaring van battery-herlading en -instandhou­ding en het ’n reeks toetse op byna elke batterylaa­ier op die mark gedoen. Die resultate het gelei tot die bekendstel­ling van ’n bekostigba­re batterylaa­ier wat doen presies wat ’n battery nodig het.

Die agt-stap-herlaaipro­gram sluit ’n diagnose van die battery se gesondheid in, gevolg deur ’n outomaties­e reeks van herlaaitem­po’s om die batterylew­e te herstel en verbeter. Die beste van alles is dat die laaier selfregule­rend is en dus aan jou battery gekoppel kan word vir ’n onbepaalde tydperk sonder dat daar ’n risiko is dat die battery beskadig of “oorlaai” sal word.

Die Intelligen­t Charger is geskik vir natsel-, AGM-, GEL- en kalsiumbat­terye van 1,2Ah tot meer as 120Ah. Die verminderd­e kragmodus is ideaal vir kleiner batterye wat in motorfiets­e of waterponie­s gebruik word, terwyl die “boost”-modus nuttig is vir periodiese instandhou­ding van kalsiumbat­terye of batterye wat erger ontlaai is en tekens van verminderd­e kapasiteit wys.

Die National Luna-laaier het ook twee kabelopsie­s sodat jy kan kies hoe om die eenheid aan jou battery te koppel.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa