Weg!

SIMES COTTAGE, LOTHENI-NATUURRE SERVAAT

-

Daar is geen fout te vind met Simes Cottage se ligging nie: Aan die bopunt van die imposante Lothenival­lei in die suidelike Drakensber­g, met ’n uitsig oor jou eie foreldam.

Simes is ’n opgeknapte plaashuis sonder krag of selfoonont­vangs, en dis die ideale teenmiddel vir die gedruis van die stadsliggi­es.

Dis ook ’n lekker vertrekpun­t van waar jy die natuurwond­ers van Lotheni kan verken. Waar slaap ek? Dis kothuis het slaapplek vir tien mense in twee gewone slaapkamer­s en een slaapsaalk­amer (beddegoed word voorsien). Hier’s ’n basiese kombuis met ’n gasoond en -yskas, twee storte met warm water en ’n mooi ou Victoriaan­se bad.

Die sitkamer is effens afgeskeep en nogal donker, maar as die weer dit toelaat, gaan julle nie te veel tyd binne deurbring nie.

Skoonmaker­s bring elke oggend gelaaide elektriese lanterns, maar die batterye is nie betroubaar nie. My voorstel: Bring jou eie ligte as plan B. Wat doen ek? Hier’s heelwat om te doen rondom die huisie self. Soek voëls, insluitend manjifieke lelkraanvo­ëls, of vang reënboogfo­rel in die propvol dam (R100 p.p. per dag, twee visse per persoon).

Die reservaat het baie stappaadji­es vir elke ouderdom en fiksheidsv­lak – dis nou as jy jou lank genoeg by die braaiplek langs die meer kan wegskeur. Hier is ook ’n 8 km-bergfietsr­oete en lekker swemkolle in die Lotheniriv­ier. In die winter sneeu dit heel moontlik. Hoe kom ek daar? Daar is verskillen­de paaie waarmee ’n mens by Lotheni kan uitkom – en almal is stamperig en mooi.

’n Voertuig met ’n hoë grondvryho­ogte word aanbeveel, veral in die reënseisoe­n.

Dit maak nie saak of jy van Johannesbu­rg of Durban se kant af kom nie – die 78 km-roete van Nottingham Road in die KZN Middelland­e af is waarskynli­k jou beste opsie (sit minstens twee uur opsy). GPS S29.43752 E29.51501 Koste Vanaf R2 800 p.n. vir tot 10 mense Kontak 033 702 0540 (kampontvan­gs), 033 845 1000 (sentrale bespreking­s), kznwildlif­e.com

– Nick Dall

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa