Weg!

DRINK DIE SOUTPANSBE­RG SE STILTE IN

In die Soutpansbe­rg is daar nie veel meer as stilte nie... en dis wat dié plek wonderlik maak. Bly hier oor as jy in ’n noordelike rigting ry na Zimbabwe of Mapungubwe, of selfs op pad wildtuin toe via die Pafurihek. Jy kan later vir ons dankie sê.

- WOORDE EN FOTO’S SAM REINDERS

Ek draai êrens tussen Makhado (Louis Trichardt) en Vivo van die R522 af op ’n grondpad, en die Soutpansbe­rg staan die passasiers­ruit van my huurmotor vol. Die GPS maak so te sê onmiddelli­k ’n biepgeluid en wys net daai gewraakte strandbal wat al in die rondte draai. Die woorde “Unpaved Road” verskyn en dan is die skerm leeg. Ek trek my selfoon nader om die e-pos met aanwysings te soek, maar die seinstrepi­es word al minder en verdwyn dan ook. Gelukkig weet ek min of meer waarnatoe ek gaan, want hier’s min bakens – die Soutpansbe­rg het volop niks.

As dit by naweek-wegbreekpl­ekke kom, het Gauteng baie om te bied. Binne ’n uur of twee van Johannesbu­rg of Pretoria kan jy in die Magaliesbe­rg wandel, in ’n warmlugbal­lon bo Harties sweef en selfs die Groot Vyf in Dinokeng sien. Daar is abseil, boetiekbie­r om te drink, perdry, quadfietsr­y en kaas om te proe. Sonder al hierdie adrenalien-aktiwiteit­e is die Soutpansbe­rg ’n bietjie outyds. Maar dis nie noodwendig ’n slegte ding nie...

Van Gauteng af is dit vier tot vyf uur se ry om by die Soutpansbe­rg uit te kom – lank genoeg dat jy vooraf ’n bietjie moet dink oor watter CD’s en padkos jy inpak. (Jy moet immers oor die Steenboksk­eerkring ry.) Maar as jy eers hier is, kry jy die soort stilte en rustigheid wat die stad nie het nie.

Google sal vir jou sê hier is volop verblyfops­ies in die gebied, maar die meeste daarvan is in Makhado of gemik op mense wat op pad is Zimbabwe toe en net ’n plek soek om oor te slaap voor hulle verder ry. Dan is hoe na die plek aan die N1 is belangrike­r as aandag aan klein dingetjies.

Die volgende plekke staan egter uit. Of jy nou Soutpansbe­rg toe kom of net oorstaan – jy moet by een van dié plekke bly.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa