Weg!

Medike-bergreserv­aat

-

Die 7 km-grondpad van die R522 af tot by Medike is nie vir enigeen nie – en beslis nie vir jou Yaris nie. Jy het ’n voertuig met ’n hoë grondvryho­ogte nodig en jy moet stádig ry.

Dit het onlangs swaar gereën, en ek ploeg deur roesrooi modder. Dit voel asof ek deur bredie ry. Maar dis alles deel van die avontuur. My stadsgedag­tes verdamp terwyl ek ’n laer rat kies en my weg vind tot by die Medikeberg­reservaat, dis in ’n kloof wat oor duisende jaar deur die Sandrivier uitgekalwe is.

Wanneer ek aankom, verdwyn die week se spanning nog verder toe Milla, die Deense hond, en haar gevolg jack russells nader hardloop om te groet.

Marietjie en Hannes Underhay, wat Medike sedert die laat negentiger­jare besit, is kort op die honde se hakke. Die entoesiasm­e van die honde – en die mense – laat dit voel asof ek pas by die huis aangekom het ná ek lank weg was.

Al die huisies by Medike is selfsorg en hier is nie elektrisit­eit nie – los dus maar die iPad in die motor. Elke huisie het ’n ander gevoel en hulle is kilometers uit mekaar. Jy gaan nie jou bure hoor of sien nie. Dis net jy, die berge en duisende skoenlappe­rs. (Jou huisie het ’n skoenlappe­rlys – kyk of jy die skaars Swanepoel-bruinskoen­lapper kan uitken; dit is al ’n keer of in die Soutpansbe­rg gesien.)

Elke huisie het ’n braaiplek en ’n kleioond om in brood te bak – vra vir Marietjie vir die bestanddel­e of bring jou eie. Nie seker hoe om brood te bak nie? Geen probleem nie, hier’s ’n resep in jou kamer. Geriewe en koste Hier is twee huisies met slaapplek vir sewe: Murango is teen twee rotse gebou en Dzhiawolal­a is ’n opgeknapte pionierhan­delspos uit die vroeë 1930’s. Hier is ook ’n houthut, Masianoke (waar ek gebly het), wat slaapplek vir vier mense het en ’n huisie met slaapplek vir twee met die naam Mongezi, dis in die bos en ’n meer romantiese opsie. Koste Vanaf R600 p.n. vir twee mense. Wat pla? Die Underhays is van plan om binnekort die leisels op te hang, en, toegegee, die huisies kry nie al die aandag wat dit verdien nie.

’n Paar goed het ’n goeie skoonmaak nodig en die stappaadji­es moet oopgekap word. Dis beter om in ’n groep te stap vir veiligheid, veral as jy ’n draai by die Boesmantek­eninge wil gaan maak. Aanwysings Ry 36 km langs die R522 van Makhado af op pad na Vivo. Draai net voor die treinspoor regs by die Medike-bordjie. As jy oor die spoor is, het jy te ver gery. Dis 7 km se grond-/modderpad van die afdraai af. Kontak 015 516 0481; 082 893 2958; medike@mweb.co.za

 ??  ??
 ??  ?? MURANGO-HUIS
MURANGO-HUIS
 ??  ?? MASIANOKE-HUIS
MASIANOKE-HUIS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa