Weg!

Buzzard Mountain Retreat

-

Buzzard het drie huisies en is die beste kampplek wat ek die afgelope tyd teëgekom het. Jy kan met ’n voertuig met hoë grondvryho­ogte by die een huisie (KooBoo) uitkom, maar vir die res het jy ’n 4x4 nodig.

Peter Greaves groet toe ek aankom. Hy is die eienaar en ’n derde generasie boer op die grond. (Sy oupa het die plaas in 1927 gekoop.) Peter is dalk al in sy sewentigs, maar sy lus vir die lewe – en liefde vir sy plaas – is dié van ’n veel jonger man.

Ek bly by KooBoo, wat salig is. Dit het slaapplek vir vier, met ’n lekker vuurmaakpl­ek binne vir die winter, ’n stoep wat gemaak is vir beskuitdoo­p, ’n yslike braaiput buite (met fynhoutjie­s om die vuur aan die gang te kry) en ’n swembad wat oor die bosveld uitkyk. ’n Donkie verskaf warm water.

My motor kan nie by die res van die plaas uitkom nie, maar een van Peter se koeie is siek en ek ry saam in sy Land Cruiser toe ons by die koei – ene Slang – gaan huisbesoek doen. Ja, dis daai soort plek: Elkeen van Peter se stuk of 100 bramaanbee­ste het ’n naam en hy weet presies wie’s wie in die kraal.

Terwyl ons ry, wys Peter na twee edelvalke en ’n witkruisar­end. Ek hou my oë oop vir ’n bosloerie – wat al in die gebied opgemerk is – maar hy bly my ontwyk.

Die ander twee huisies op die plaas het basiese geriewe en is afgesonder. Die huisies kry vars water uit ’n fontein. Die Black Eagle-huisie is die wenner. Wag tot jy die uitsig uit die swem- badjie sien...

Soos wat ’n mens tot by die hoogste punt op die plaas ry, verander die plantegroe­i van woud tot oop vlaktes met ’n fynbossoom reg rondom. Ja, fynbos! Hier is selfs rooiborssu­ikervoëls by die proteas.

Peter noem die deel van die plaas “World’s View” – met goeie rede. Dit voel regtig asof die wêreld aan jou voete lê. Selfs die valke sweef onder jou.

Dis hier waar jy kan kamp – jy kan jou tent opslaan net waar jy wil. Peter laat net een groep kampeerder­s op ’n slag toe. Dis net julle en die berge – en so af en toe ’n luiperd.

Dis basies, hoor. Geen ablusieblo­k of puttoilet, lopende water of elektriese punt waar jy jou foon kan laai nie. Maar dis wat dit spesiaal maak.

As jy wil afskakel, is een nag hier gelyk aan 10 in enige hotel. Geriewe en koste Hier is drie selfsorghu­isies. Die grootste huisie het slaapplek vir agt en die kleinste vir vier mense – R300 p.p.p.n. (R350 as jy op jou eie is). Kamp kos R150 p.p. Hout kos R25 per krat. Wat pla? Die beste huisies (en die beste uitsigte) is net toeganklik met ’n 4x4. Bygesê, as jy nie ’n 4x4 het nie en wil kamp of in een van die 4x4-huisies bly, kan Peter jou gaan aflaai en weer kom haal, teen R50 per rit. Aanwysings Ry met die R522 van Makhado af na Vivo. Kyk na 17 km vir die afdraai. Hou jou oë oop – die bordjie is klein. Kontak 083 469 2526 (Gail); 083 473 6206 (Peter)

 ??  ??
 ??  ?? KOOBOO-KOTHUIS
KOOBOO-KOTHUIS
 ??  ?? BLACK EAGLE-KOTHUIS
BLACK EAGLE-KOTHUIS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa