Weg!

Blouberg-natuurrese­rvaat

-

Blouberg is ’n inselberg wat deel is van die Soutpansbe­rgreeks, maar van die res van die reeks geskei word deur sowat 30 km se relatief gelyk vlakte. Die hoogste punt is 2 151 m – ook die hoogste punt in die Soutpansbe­rg. Dis in die rigting van hierdie groot stuk rots wat ek die motorneus draai vir ’n paar nagte se ontspannin­g.

Blouberg is ’n provinsial­e natuurrese­rvaat en die persoonlik­e aandag wat ’n mens by Medike en Buzzard kry, ontbreek hier, maar ek is nie juis bekommerd nie. Ek is nie van plan om baie tyd in die huisie deur te bring nie.

Hier is kilometers goeie grond-pad vir wildritte – die reservaat het baie bokspesies, onder meer gemsbokke, rooihartbe­este, elande en swartwitpe­nse, asook roofdiere soos luiperds, vaalboskat­te, rooikatte, bruinen gevlekte hiënas. Dis ook ’n boomliefhe­bber se droom.

Die reservaat se bekendste inwoners is egter die stuk of 800 broeipare kransaasvo­ëls wat in ’n kolonie op die berg nesmaak.

Jy kan met ’n sedan by die aasvoëlres­taurant uitkom, waar karkasse elke nou en dan uitgesit word vir die aasvoëls om aan te peusel. Dis ’n spesiale geleenthei­d vir hulle, soos ’n ghrênd middagtee: Die skedule is nie vasgestel nie sodat die aasvoëls nie op dié kos staatmaak nie. Geriewe en koste Hier is vier verblyfops­ies, almal selfsorg. Die Mashatu-kamp (waar ek gebly het) het vier huisies, elk met slaapplek vir vier. Koste vanaf R800 per eenheid per nag.

Die Tamboti-tentekamp is effens meer basies. Hier is vier safaritent­e met slaapplek vir twee, met ’n gemeenskap­like ablusieblo­k en kombuis. Net een groep word op ’n slag toegelaat: R760 p.p. vir tot vier mense, plus R130 p.p. wat bykom (maksimum agt mense).

Die Molope-boskamp het vyf private kampplekke in die hartjie van ’n huilboerbo­on-ennjalaboo­mwoud.

Die ablusieblo­k het storte met warm water en spoeltoile­tte. R210 p.p. vir die eerste twee mense plus R76 p.p. wat bykom (maksimum ses mense per staanplek; geen elektrisit­eit nie).

Modumele is ’n afgesonder­de wildernisb­oskamp met beperkte geriewe: ’n emmerstort, ’n puttoilet en afdakskuil­ing. Net een groep word op ’n slag toegelaat: R300 p.p. vir die eerste twee mense, plus R100 p.p. wat bykom (maksimum 12 mense). Bewaringst­arief: R25 per volwassene; R10 per kind jonger as 18; R30 per voertuig. Wat pla? Die padaanwyse­rs in die reservaat is verwarrend en jy gáán verdwaal. Maar onthou: Om te verdwaal is nie altyd ’n slegte ding nie... Aanywsings Ry van Polokwane af met die R521 na Vivo en Alldays. Draai in Vivo links in die rigting van Ga-Kibi en 9 km later regs na die Bloubergna­tuurreserv­aat. Kontak 078 869 5240;

info@kunemoya.co.za; bloubergre­serve.co.za >

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? MASHATU-KOTHUIS
MASHATU-KOTHUIS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa