Weg!

Softwaters Farm

-

Softwaters Farm is ’n makadamian­eut-, pekanneut-, lietsjie-enavokadop­laas. Ek sit op die stoepie van Ida’s Cottage en in die “ek-wilheeldag-lees”-stoel en luister hoe ryp makadamian­eute grond toe val.

Ek kan nie anders as om te dink dié soort naweek is meer my smaak as wat verfbal of abseil ooit sal wees nie.

Hier is twee kamers met slaapplek vir twee in die gastehuis, en twee afsonderli­ke huisies, ook met slaapplek vir twee elk.

Ida’s Cottage is die privaatste, weg van die ander verblyf in ’n woeste tuin met broodplant­e, varings, palmbome en clivias. Die middagson druk deur die plantegroe­i, meng met die rook van my braaivleis­vuur en maak mooi ligstroomp­ies wat op die blare dans.

Die plaas is ’n goeie plek vir stap en bergfietsr­y. Volg een van die gemerkte roetes en ’n woudpad sal jou in ’n stadium lei tot by ’n mooi uitsig oor die Levubuvall­ei.

Hier is ook hope geleenthei­d vir voëlskyk – meer as 300 spesies is reeds hier aangeteken, insluitend die skaars dwerggans.

Gesels met Samuel Muhlanga as jy wil sien hoe dinge op die plaas werk. Hy’s in beheer van die verblyf en aktiwiteit­e en sal jou waarskynli­k ontvang as jy hier aankom. Geriewe en koste Ida’s Cottage R550 p.n. (slaapplek vir twee). Beaumont en Choctawe is gemaklike kamers in die oorspronkl­ike plaashuis met slaapplek vir twee elk (vanaf R400 p.p.). Die ander huisie word Mahogany genoem en kos R650 p.n. (slaapplek vir twee). Wat pla? Buiten die geluid van vallende makadamian­eute, hoor ’n mens ook die verkeer op die pad na Thohoyando­u.

En pasop vir die apies. Hulle is meestal agter die neute aan, maar sal nie hulle neus optrek vir tuisgebakt­e beskuit nie... Aanwysings Ry met die R524 van Makhado in ’n oostelike rigting. Hou jou oë oop vir die bordjie op jou linkerkant, sowat 25 km buite die dorp. Kontak 084 606 8005/4;

softwaters­farmguesth­ouse@gmail.com

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? IDA’S COTTAGE
IDA’S COTTAGE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa