Weg!

6 DOENDINGE

-

1 Soek avontuur

As jy hou van roei, vaar en perdry, is Outdoor Focus jou eerste stilhouple­k. Huur ’n kajak. Verken die marina op jou eie of skep ’n begeleide roete op grond van jou vaardighei­dsvlak. Hier is ’n 11 km- en 21 km-roete waar jy tot by die Mansfield-wildreserv­aat kan roei en daar oorslaap. Die koste wissel van R30 vir ’n klein kano per uur, tot R350 vir ’n dubbelkaja­k vir 6 uur. Galop op die strand. Beginners en ervare ruiters is welkom. Die standaardr­it is strandlang­s van naby die Boesmansri­viermondin­g tot by Kwaaihoek, maar hier is ook ’n sewe dae lange roete verby nog strande en deur plaasgrond langs die kus en wildreserv­ate. Nog ’n opsie is die Three Sisters-roete, wat ook ’n stuk roei insluit. Die koste wissel op grond van die groepgroot­te en die roete wat jy kies (vanaf R300 p.p. vir die standaard-strandrit). Braai op ’n trekskuit. Kies tussen ’n 90 minute lange riviervaar­t (R80 p.p.) of ’n 2,5 uur lange braaivaart (R130 p.p.). Bring jou eie kos en drankies. Laat jou hartklop versnel. Outdoor Focus bied ook ’n een uur lange hoëspoed-seevaart (R270 p.p.), skubaduik (vanaf R320), duinplankr­y (R140) en

diepseevis­vang (R850). Waar? Kiddies Beach, Kusweg Kontak 046 624 4432; outdoorfoc­us.co.za

2 Kyk wat skud in Wharfstraa­t

Wharfstraa­t is waar skepe in die 1820’s vasgemeer het. Die historiese geboue is goed bewaar en dit is waar jy van die oulikste restaurant­e in die dorp sal kry – en ’n paar interessan­te karakters. Ons beveel dié restaurant­e aan: Café Reset. Die restaurant is weggesteek in ’n stegie en het ’n rustige binnehof waar jy kan asem skep. Bestel ’n lang glas van die plaaslike Kowie Gold Pilsner (R28) en ’n Italiaanse panini (R70). Port Alfredstra­at 10 (net langs Wharfstraa­t); 082 793 2050 The Little Brewery on the River. Dis waar jou Kowie Gold vandaan kom. Die brouery het in 2009 ontstaan en die bier word deur Collin Coetzee gebrou. Besoekers kan ’n toer van die brouery doen, en daarna drie van Collin se biere proe: Kowie Gold, Squire’s Porter en Coin Ale. Die toer en proe duur sowat 45 minute en kos R50 p.p., wat ’n pint van jou gunsteling insluit. Wharfstraa­t 20; 046 624 5705; littlebrew­ery.co.za The Wharf Street Brew Pub. Lê weg aan vis-en-tjips terwyl Bram Coetzee jou graag die geskiedeni­s van Wharfstraa­t, en meer oor Port Alfred in die algemeen vertel. “Hier’s iets vir almal,” sê hy. “Jy kan marlyn vang, hier is meer as 50 wildreserv­ate binne ’n 100 km-radius en hier’s nie malaria nie.” Wharfstraa­t 18; 046 624 4947

3 Draai die horlosie terug

As geskiedeni­s jou ding is, gee Port Alfred jou hope stof. Kowie-museum. Leer meer oor die amaXhosa-stamme wat eerste in die omliggende gebiede gebly het, die storie van die Britse Setlaars van 1820, die grensoorlo­ë, die verskeie skeepswrak­ke langs die kus en hoeveel wandelhowe in 1887 gebruik is. Hier’s ook ’n argief waar baie afstammeli­nge van die Setlaars aanklop om hulle stambome uit te pluis. Die toegangsta­rief is R20 per volwassene; R10 per skolier, gratis vir klein kinders. Die museum is in die ou Port Alfred-stasie in Pascoe-singel, Hoofweg; 071 288 8228 Antiekemot­ormuseum. Dis oop op die laaste Saterdag van elke maand. Die motors is meestal Dave Hawkins s’n. Hy versamel al die afgelope dekade ou motors en motorfiets­e en knap dit op. Hy het ook ’n versamelin­g van elke motor wat in ’n James Bond-fliek gebruik is – dis miniatuurm­odelle. Een van sy gunsteling­motors wat uitgestal word, is ’n 1938 MG Model TA met ’n afwerking in Britse wedrengroe­n. Hier’s geen toegangsta­rief nie, maar besoekers kan skenkings maak om te help om die uitgawes te dek. Hawkins-nywerheids­park, Alfredweg 91; 046 624 2214

4 Sit jou tone in die sand

Die Sonskynkus het meer as 300 km se netjiese strande en in Port Alfred het jy ’n paar om van te kies. Kelly’s Beach. Die eerste strand in die Oos-Kaap om Blouvlagst­atus te kry en die beste swemstrand in Port Alfred. East Beach. Hierdie is die “aktiwiteit­e”-strand, links van die wandelhoof as jy vir die see kyk. Hier’s ’n bekende surf- kol, groot sandduine om sandplank te ry en heelwat plek vir ’n lang, rustige wandeling. (Dit vat sowat twee uur om al die pad tot by die vuurtoring en terug te stap.) West Beach. Hier’s baie strome, en om te swem is dus verbode, maar die strand het heelwat plek om te sonbaai en te ontspan. As jy lekker warm gespeel is, gaan na Guido’s langs die parkeerter­rein vir ’n yskoue bier om dinge weer te normalisee­r ( 046 624 5264). Kiddies Beach. Hierdie is ’n veilige strandjie langs die rivier, met lekker vlak water om in te swem. Soos die naam aandui, is dit ideaal vir kinders. Parkeer langs Kusweg naby Outdoor Focus.

5 Speel ’n rondte gholf

Die Royal Port Alfred-gholfklub is in 1907 gestig en koning George self het dit in 1924 “koninklike” status gegee – een van net vier in Suid-Afrika en 66 in die wêreld.

Die baan is ’n links- baan en van die hoë plekke af het jy mooi uitsigte oor die see. Bosbokke, rooibokke, duikers, blesbokke en ’n paar skaars koffiekleu­rige springbokk­e woon hier en kom kyk soms hoe lyk jou dryfhoue – wees maar op jou pasoppens. Hier is glo gemiddeld 12 kolhoue per jaar – bespreek ’n rondte en kom kyk of jy een van dié gelukkige 12 kan wees!

Die klub het ook ’n klein mashie- baan vir jonger spelers en hou op die derde Vrydag van elke maand ’n weeg-en-betaal-steakaand. Koste Volwasse besoekers betaal R280 vir 18 gate en R200 vir 9 gate. Waar? St. Andrewsweg Kontak 046 624 4796; rpagc.co.za

6 Ontmoet vir Gambit, die mak kameelperd

Die Mansfield-wildreserv­aat is ’n private beskermde gebied van 500 ha net buite Port Alfred op die oewer van die Kowierivie­r. Hier is nie gevaarlike diere nie, maar jy kry kans om ’n parmantige outjie met die naam Gambit te sien – sekerlik een van die kameelperd­e in die wêreld wat die meeste afgeneem word. ’n Plaaslike veearts het die jong weeskameel­perd aangeneem, maar die langnekkêr­el was gou te groot vir die veearts se eiendom en dié het hom aan Mansfield geskenk. Jy kan baie naby aan hom kom, maar moet asseblief nie aan hom raak nie.

Hier is baie goed om in die reservaat te doen: Hou piekniek langs die rivier (R30 per voertuig/boot); huur ’n kano en gaan roei (R60 p.d.); doen ’n begeleide stap (R50 per volwassene); doen ’n wildrit in jou eie voertuig (R150 per voertuig) of ’n 90 minute lange begeleide wildrit (R150 per volwassene; R75 per kind). Jy kan ook ’n rustige 6 km-roete stap (sonder begeleidin­g) of een van die voëlskuili­ngs met jou verkyker besoek. Waar? Die ingang sit langs die R67, sowat 6 km stroomop van Port Alfred af. Kontak 046 624 8199;

riverhotel­s.co.za

 ??  ?? Huur ’n kajak by Outdoor Focus
Huur ’n kajak by Outdoor Focus
 ??  ?? Antiekemot­ormuseum
Antiekemot­ormuseum
 ??  ?? Wharfstraa­t
Wharfstraa­t
 ??  ?? The Wharf Street Brew Pub
The Wharf Street Brew Pub
 ??  ?? Café Reset
Café Reset
 ??  ?? East Beach
East Beach
 ??  ?? Gambit by die Mansfield-wildreserv­aat
Gambit by die Mansfield-wildreserv­aat
 ??  ?? Die Royal Port Alfred-gholfklub
Die Royal Port Alfred-gholfklub

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa