Weg!

Hoe-hoe’s die lewe in die stad?

- – Albie Venter

Omdat roofvoëls boaan die voedselket­ting is, het hulle ’n gesonde habitat nodig. Dit beteken ’n stelsel wat goed funksionee­r, met genoeg plante om die herbivoorb­evolking te ondersteun, wat weer vir die roofdiere kos gee. As daar iewers in dié ketting iets verkeerd loop, sal dit gewoonlik die roofdiere wees wat verdwyn.

Ons word oorval deur slegte nuus oor die omgewing, maar ons kan self ’n positiewe bydrae tot die ekostelsel lewer, selfs in ons dorpe en stede. Voorstedel­ike tuine met geplante bome en struike skep ’n byna tropiese woudhabita­t terwyl betongebou­e beskerming en broeiplekk­e vir vele spesies bied.

Gevlekte ooruile is een van die mees algemene voorstedel­ike roofvoëls en ’n mens sien hulle van die droë westelike dele van die land tot by die klam oostelike dele. In ongerepte gebiede broei hulle op rotslysies of in die wye mik van ’n boom. In beboude gebiede sal hulle geboue en selfs blombakke as broeiplekk­e gebruik.

Hulle sagte roepgeluid­e is gewoonlik die eerste teken dat hulle naby is. As jy gelukkig genoeg is om een te hê wat in jou buurt broei, is die kanse goed dat die uile reeds aangepas is by die teenwoordi­gheid van mense. Dit beteken jy kan hulle broeigewoo­ntes lekker dophou.

Eiers word gewoonlik van Augustus tot November gelê. Uile bou nie neste nie en twee tot drie eiers word in ’n natuurlike holte op die grond of in ’n boom gelê. Geen takkies of blare word bygevoeg om die nes meer gemaklik te maak nie.

Ná omtrent ’n maand broei die kuikens uit – hulle lyk nie na veel meer as ’n dons-gholfballe­tjie nie. Dis wanneer dinge interessan­t begin raak, want die ouers bring enigiets van insekte tot slange en selfs vrugtevler­muise om vir die kleintjies te voer.

Hier moet jy versigtig wees. Dit lyk dikwels vir ons asof die kuikens uit die nes geval het terwyl dit eintlik deel is van die broeisiklu­s. As daar geen onmiddelli­ke bedreiging is nie, moet jy hulle los net waar hulle is. Hulle sal binne ’n paar dae sterk genoeg wees om in veiligheid te vlieg. En hou jou oë op die “nes”. ’n Tweede broeisel in dieselfde seisoen gebeur selde, maar die kans is goed dat hulle vir die volgende broeityd weer na dieselfde plek sal terugkeer.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa