Weg!

Bulhoek-slaghuis, Noordwes

- – Toast Coetzer

As jy ’n Bosvelder is en gereeld die goor R511 tussen Brits en Thabazimbi ry, dan weet jy waarskynli­k reeds van die Bulhoek-slaghuis se padstal. Die belangrike nuus is egter dat dit 4 km verder noord teen die pad op geskuif het (hulle’s nie meer langs daai petrolstas­ie by Greens nie).

Hoewel vleis die hoofrol by Bulhoek speel, kan jy ook vir die res van jou braai hier inkopies doen: Hout, JanPap-braaipap, braaisouse en ys (R5,50 per pakkie) is te koop, asook vars produkte soos groenbone, komkommer en eiers.

Moenie verby die koekierak stap nie. Hier’s onder meer gemmer- en kondensmel­kkoekies (R30 per pakkie) en beskuit soos karringmel­k (R45 vir ’n 600 g-pak). Nie soet genoeg nie? In die yskas is stoute dinge soos koeksister­s (R32 per pak), kolwyntjie­s (R30 vir 6) en melktert (R30).

Droëwors en die dodelike cabanossi kos R175/kg. (Waarskuwin­g: Moenie te min koop nie! Jy gaan nóg wil hê! Moenie sê ons het julle nie gesê nie.) Wildsbilto­ng is R230/kg en bees R240/kg. (Onthou: Pryse kan verander.)

Ander vleispryse: boerewors R74,90/kg en kruisstuks­teak R115,95/ kg. Hulle verkoop ook ’n Weekpak-vleis teen R500 wat 2 kg wors, 2 kg maalvleis, 1 kg steak, 1 kg skaapvleis en 1 kg hoender insluit.

Bulhoek maak verder interessan­te goed soos blindevink­ies. Ek moes vra wat dit is: Dis ’n kaasworsie toegedraai in ’n stukkie steak, gedoop in Jimmy’s-sous. Nou weet jy. Dit kos R89,90/kg.

Jy kan ook enkele wegneemete­s bestel: R15 vir ’n beesmaalvl­eisjaffel en R15 vir ’n bakkie varkkaiing­s en pap. Waar? 34 km noord van Brits langs die R511. Oop Ma.-Vr.: 7.30 vm.-5.30 nm.; Sa. 7.30 vm.-1.30 nm. Kontak 012 277 1499 (Francois of Hettie Swart)

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa