Weg!

SLAAN DIE SONSAMBREL­E OOP

-

Die Indiese Oseaan se sterk seestrome en die rotsagtige kuslyn by Knysna het al menige swemmer en vaartuig in moeilikhei­d laat beland.

Soek jy ’n veilige swemstrand, is Buffelsbaa­i die plek vir jou. Soos jy die stranddorp­ie inry, is die Giandee-strand aan jou linkerkant, maar die hoofstrand is waar jy wil wees.

Hier is ’n groot parkeerter­rein, restaurant­e en ’n kafee. Die strand is stapafstan­d van die woonwapark, en hier is veel meer om te doen as net swem.

As die wind sterk genoeg waai, gebruik valskermsw­ewers die strand om te lanseer, branderpla­nkryers pak die dieper branders aan, en jy kan selfs tussen Buffelsbaa­i en Brenton-on-Sea stap.

Brenton-on-Sea of die versteekte Coney Glen is goeie plekke vir tan, maar bly liefs uit die water – hier’s gevaarlike trekstrome. Stap by Brenton-on-Sea met ’n plankiespa­d af tot op die strand. Vissermann­e staan en lyn natmaak terwyl hulle die opskiet-branders ontduik.

Maar jy kan kwalik ’n beter ligging kry as Coney Glen. Dié klein strand is teenaan The Heads en is omring deur woud, branders en kranse. Hier is ook ’n piekniekpl­ek waar jy oor middagete ’n tjop op die kole kan gooi.

Behalwe vir die see kan jy ook in die strandmeer lyf natmaak. By Bollardbaa­i op Leisure Island kan jy kniediep in die water staan sonder dat die branders jou van jou voete af slaan.

BONUSSTRAN­D: Draai by Hornlee af en volg die pad vir 5 km tot by

Noetzie, bekend vir sy kastele. Parkeer jou motor en stap af tot by die klein strand by die mond van die Noetsieriv­ier.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa