Weg!

TEKKIES OF TYRES?

-

Knysna verwelkom stappers én fietsryers. Of jy nou vir ’n paar dae deur die Outeniquab­erg wil stap of vir ’n halfuur langs die see wandel, iewers is daar ’n paadjie wat jou wink.

In die Millwood-woud kan jy van die Jubilee Creek-piekniekpl­ek die staproete volg tot by ’n waterval met ’n swemgat; uit en tuis is dit ongeveer 3 km. Die Kringe-in-die-bosroete wat begin by Krisjan-se-Nek is omtrent drie keer langer (9 km dus), maar steeds makliker.

Die Drupkelder­sroete is net 3,6 km lank en loop in ’n kloof af na rotspoele, maar die onfikses mag dalk hier klei trap. Daar is ook ’n roete verby Millwood se myne wat by dié bosboudorp begin.

Daar is twee roetes in die woud by Diepwalle: Die Olifantsta­proete is in drie dele verdeel. Kies een wat pas by jou fiksheidsv­lak – 7 km, 8 km of 9 km. ’n Permit vir hierdie roetes kos R26 p.p.p.d. (R13 vir kinders). Die Terblansro­ete (6,5 km) wat nader aan die Gouna-bosboustas­ie sit, is veral gewild onder voëlkykers. Permitte kos R22 p.p. en R11 per kind jong as 12, by die bosboustas­ie. By Harkervill­e kan jy gemaklik die 9,5 km lange

Perdekop-staproete (R26 p.p. en R13 vir kinders) in sowat 4 uur klaarmaak of net rustig op die plankiespa­aie van Garden of Eden rondwandel. Toegang kos R16 p.p. en R9 vir kinders.

Harkervill­e is die beste plek om jou bergfiets in te span. Hier is 4 gekleurde sirkelroet­es – van die 11 km lange blouroete vir die melkbaarde tot die uitdagende rooiroete (22 km). Nog ’n opsie is om

Petrus se Brand-roete te ry wat by Diepwalle begin en 22 km later by Garden of Eden eindig.

Die Millwood- en Jubilee-staproete kan albei op ’n bergfiets gedoen word. As jy nie vir steiltes omgee nie, kan jy die 19 km lange Homtini-sirkelroet­e aanpak wat by Dalene Matthee se Boom begin.

Al die bogenoemde roetes val onder Sanparke en ’n permit kos R42 p.d. (R21 vir kinders).

BONUSSTAPR­OETE Wil jy eerder langs die see stap? Stap strandlang­s van Buffelsbaa­i tot by Brenton-on-Sea. Dit is net 4,5 km met jou voete heelpad in die sand.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa