Weg!

NÓG MANIERE OM ROND TE RITS

-

As die idee van bulte uitsukkel jou miltsteek gee, kan jy ook die woude te perd invaar. Aan Harkervill­e se kant van Knysna bied

Southern Comfort Horse Ranch ritte van 1 én 2 uur aan in die woude rondom die stalle. Koste Vanaf R300 p.p. vir ’n uur lange rit.

Kontak 044 532 7885; schranch.co.za. Teenaan die Goukammari­vier sal jy Buffalo

Bay Horserides langs die Riverdeck-restaurant vind. Hier is woudritte, maar hulle beplan om ook perdritte op die strand aan te bied. Die perdeplaas teel miniatuurp­erde waarop kinders onder ses jaar hulle lyfies cowboy en cowgirl kan hou.

Koste R295 p.p., R120 vir kinders jonger as 6 om op die miniatuurp­erde te ry.

Kontak 073 251 3122; buffalobay­horserides.co.za

Bergfietse is nie die enigste tweewiel waarmee jy die bos kan verken nie. Scootours laai jou en ’n skopfiets bo in Millwood se berge af. Dié menere se wiele is so breed soos ’n bakkie s’n en is spesifiek vir grondpad. Prys R450 p.p.

Kontak 079 148 3751; scootours.co.za

Al is jou kuite hoe sterk, het jy soms hulp nodig...

Thesen Island Holiday Livings, ’n eiendomsag­entskap op die eiland, verhuur E-fietse met ’n battery vir R250 vir ’n halwe dag en R400 vir ’n voldag. Knysna het ’n siersteenp­aadjie teenaan die strandmeer waarmee jy die teerpad na Belvidere of na The Heads kan uitsny.

Die East Head Café by The Heads is een van die gewildste restaurant­e in die dorp. Systap die verkeer en ry net 30 minute van die Thesen-eiland tot hier met die E-fiets.

Kontak 044 382 1414; archan@thesenlivi­ng.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa