Weg!

DOBBER ’N BIETJIE

-

Meld met jou koelsak aan by die Turbine Water

Club op Thesen-eiland waar Schalk Hildebrand jou per boot op die strandmeer vir ’n skemerkelk­ie sal uitneem.

Hy ry eers ’n draai deur die kanale van Thesen-eiland se spogbuurt. Dan systap die boot

windsurfer­s en swarttobie­s rondom Leisure Island en vaar tot by die baken tussen die twee koppe by The Heads.

Van hier stuur Schalk die boot styf teenaan die oewer by die Featherbed-natuurrese­rvaat. Die reservaat kry sy naam by matrose wat ná ’n lang vaart langs die onstuimige suidkus hier kom vasmeer het. Dit was vir die seesiek matrose soos om op ’n verebed te slaap.

Koste R250 p.p. vir ’n uur lange rit (R280 p.p. vir ’n skemerrit wat 30 minute langer is)

Kontak 072 259 7927; waterclub@turbinehot­el.co.za. Die einste Featherbed-natuurrese­rvaat bied ander maniere om Knysna van die water af te verken. Die John Benn is ’n drywende restaurant wat daagliks vir middag- en aandete vir 90 minute op die strandmeer uitvaar (R190 p.p., kos uitgesluit).

Etes word ook bedien op die Paddle Cruiser, Suid-Afrika se enigste spaanaange­drewe vaartuig. Ritte kos R220 p.p., duur 90 minute en kos is nie ingesluit nie. Saans is daar wel ’n driegangbu­ffetete vir R500 p.p. en dit duur 2 uur.

Kies die Heads Explorer vir ’n geruislose rit. Dié katamaran maak net op sy seile staat en as die weer reg is, vaar hy diepsee-in. Ritte duur 90 minute en kos R375 p.p. Skemerritt­e is ’n uur langer en kos R730 p.p.

Waar? Featherbed se kaai is langs The Quays by die Cruise Café.

Kontak 044 382 2373; knysnafeat­herbed.com As jy die strandmeer op jou eie wil verken, kan jy ’n kano huur (teen vanaf R65 per uur) by Sanparke se kantoor op Thesen-eiland.

’n Kano is ook ’n goeie manier om jou dag op die Goukammari­vier te bestee. Kano’s by Blackwater­s River Lodge kos R65 vir 3 uur om te huur.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa