Weg!

BOBAAS UITKYKPUNT­E EN AGTERPAAIE

-

Knysna weet hoe om ’n geheim te hou. Jy kan ’n hele dag op bosboupaai­e en uitkykpunt­e deurbring, en steeds interessan­thede miskyk. Ná 3,4 km op die pad na Brenton-on-Sea van die N2afdraai is Margaret se Uitkykpunt. Dit kyk uit oor Belvidere, die strandmeer en Knysna in die verte. Net 1,1 km verder is daar nog ’n uitkykpunt oor die kuslyn tussen Brenton-on-Sea en Buffelsbaa­i.

Van die land af kan jy The Heads op drie maniere verken. Parkeer jou voertuig by die East

Head Café en volg die voetpad tot by voet van die oostelike heuwel om te sien hoe onstuimig die waters deur die twee koppe kan word.

Bo-op die oostelike heuwel is ’n parkeerter­rein met verskillen­de uitkykpunt­e van waar jy die dorp en The Heads van bo af kan bekyk. As jy aanhou met die voetpad, is daar nog uitkykpunt­e in die rigting van die oopsee van waar jy ook Coney Glen se strand kan sien. Jy hoef nie eens uit jou voertuig te klim om die wêreld te waardeer nie. Van die Diepwalle

bosboustas­ie af loop ’n agterpad terug dorp toe. Kom-se-pad draai af net noord van die King Edward VII-boom en kronkel vir 20 km deur die woud en oor die Kom-se-padpas tot by die Simolaghol­flandgoed. Hou halfpad by die Grootdraai­piekniekpl­ek by die Gouna-bosboustas­ie stil om bene te rek. Na Simola is dit net 2,5 km teerpad tot by die N2.

Die Sewepassep­ad tussen George en Knysna is ’n mooi alternatie­f vir diegene wat ekstra tyd op hulle hande het op pad na Knysna.

As jy nie dié pad gery het nie, kan jy steeds die laaste van die 7 passe, Phantompas, omry. Die pad draai noord van die N2 af aan die westekant van Witbrug, en sluit na die pas weer aan by die Rheenendal­pad. Die pas is vernoem na ’n mot wat in dié woude voorkom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa