Weg!

WAAR EET EK?

-

Bestel ’n hoenderpas­tei (R55) of nachos (R88) by die Mitchell’sbrouery, maar dis nie hoekom jy hier ’n draai kom maak nie. Vir R75 p.p. neem hulle jou op ’n toer van die oudste boetiekbro­uery in Suid-Afrika. Waar? Nuwestraat 10 Kontak 044 382 4685; mitchellsb­rewing.com

Teen middagete kom afgetrede inwoners van Knysna met eie dop by Freshline Fisheries aangesit, want die restaurant het nie ’n dranklisen­sie nie. Terwyl jy met jou voete in die sand sit, maak die kokke seekos uit die boonste rakke. Kontak 044 382 3131; freshlinef­isheries.co.za

’n Knysna-kuier is sinoniem met oesters. Bestel oesters vanaf R12 elk by 34 South. Hier is ook van slaai tot sushi. Waar? The Quays Kontak 044 382 7331; 34south.biz

Koop vis-en-tjips (R40) by Sailor Sam, dis toegedraai in waspapier wat soos ’n koerant lyk. Waar? Hoofstraat 5 Kontak 044 382 6774

By die Earth & Fire Restaurant by Blackwater River Lodge kan jy op die stoep sit en uitkyk oor die grasperk van die gholflandg­oed en die woud langs die Goukammari­vier terwyl jy wag vir jou pizza (R85) uit die houtoond. Jy kan ook hier ’n piekniekma­ndjie vir twee kry (R280) en jou middagete langs die rivier gaan eet. Kontak 044 383 0105; blackwater­s.co.za

Die Riverdeck-restaurant teenaan die Goukammari­vier wemel van die aktiwiteit­e. Honde swem in die rivier terwyl kinders in kano’s die rivier verken. Hier is selfs ’n spa! Kontak 078 134 5873; riverdeckr­estaurant.co.za

As jy moeg gestap of fietsgery het in die woud, stop by die Diepwalle-teetuin vir tannie Klara Stuurman se kerrievetk­oek (R40), of ’n sny melktert (R20). Kontak 044 382 9762

Gaan kuier by The Bell in Belvidere vir regte kroegkos. Dit is die kleinste kroeg in Knysna, maar hulle wors en kapokaarta­ppels (R60) staan terug vir niemand nie. Waar? Belvidere Manor Hotel Kontak 044 387 1055; belvidere.co.za.

Mense kom van ver vir Sondagmidd­ag-buffetetes (R150) by Totties Farm Kitchen in Rheenendal. Jy kan ook in die week hier ’n draai kom maak. Kontak 044 389 0092; tottiesfar­mkitchen.co.za

Jy kan teenaan die wilde water van The Heads sit en ’n burger (R92) eet by East Head Café. Waar? George Rex-rylaan 25 Kontak 044 384 0933; eastheadca­fe.co.za

By Bloo Bistro begin die partytjie eers ná 11 nm. en dit bly láát oop. Vroegaand kan jy ’n ligte aandete geniet. Die bistro herinner aan ’n ruimtetuig én ’n sigeunerwo­onwa. Waar? Memorial Square 2 Kontak 082 923 1185

 ??  ??
 ??  ?? Totties Farm Kitchen
Totties Farm Kitchen
 ??  ?? Freshline Fisheries
Freshline Fisheries
 ??  ?? The Bell
The Bell

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa