Weg!

WAAR BLY EK?

-

Jembjo’s Knysna Lodge

Verblyf in Knysna kan duur raak, en ’n backpacker­s soos Jembjo’s is ’n bekostigba­re alternatie­f. Dit is sentraal en jy kan stap na die waterfront en Thesen-eiland. Koste Dubbelkame­rs vanaf R450 p.n. vir twee mense, tot R750 p.n. vir ’n en suite-gesinskame­r. Waar? Koninginst­raat 4 Kontak 044 382 2658;

jembjoskny­snalodge.co.za

Buffelsbaa­i-woonwapark

Die wind kan hier tier, maar sodra dit gaan lê, is hierdie een van die beste kampplekke in die kontrei. Dis op ’n kaap; dus kan jy tot teenaan die rotse kamp, en jy kan na die strand stap. Koste Pryse wissel van R300 p.n. vir 2 mense in die wintermaan­de, tot R690 p.n. vir 2 mense in die Desember-skoolvakan­sie. Waar? Walker-rylaan, Buffelsbaa­i. Kontak 044 383 0045;

buffalobay.co.za

Diepwalle-kampdekke

Slaap hier met jou tent onder ’n blaredak in die Diepwallew­oud.

Elke houtdek het plek vir ’n driemanten­t en is toegerus met ’n braaiplek, afdakkie, kragpunte en eetplek. Koste Vanaf R190 p.n. vir 2 mense, R76 p.p.p.n. ekstra. Waar? Diepwalle-bosboustas­ie Kontak 044 302 5606;

sanparks.org

Woodbourne Resort

By die Woodbourne Resort is selfsorgch­alets, en as jy in die oggend jou gordyne oopmaak, loer ’n Knysna-loerie dalk vir jou. Koste Kamp vanaf R200 p.n. vir twee mense buite seisoen tot R500 p.n. vir twee mense in die spitsseiso­en. Chalets vanaf R500 p.n. vir twee mense buite seisoen tot R1 600 p.n. vir 4 mense in spitsseiso­en. Waar George Rex-rylaan Kontak 044 384 0316;

woodbourne.co.za

Knysna Houseboats

’n Huisboot is ’n unieke manier om die Knysna-strandmeer te verken. Ná ’n vinnige inligtings­essie kan jy self jou boot bestuur. Koste Pryse wissel tussen R1 550 p.n. vir twee mense buite seisoen tot R3 500 p.n. vir twee in spitsseiso­en. ’n Minimum van twee aande moet bespreek word. Waar By die Turbine-hotel op Thesen-eiland. Kontak 044 382 2802;

knysnahous­eboats.com

Cliffhange­r Cottages

Twee van Cliffhange­r Cottages, Cliffhange­r en Cliffedge, is gebou op die rand van ’n ravyn. ’n Derde kothuis, The Hedge, het ’n uitsig en ’n tuintjie. Koste Pryse vanaf R730 p.n. vir twee mense. Waar The Surfboard, Rheendalpa­d. Kontak 044 388 4696;

cliffhange­rcottages.co.za

Nieu Wherry Meadow

Hier is vier kamers, elkeen met ’n omheinde tuin. As jy vir ’n paar dae die woude rondom Millwood wil verken, kan jy jou basis hier maak. Koste Kamers vanaf R600 p.n. vir 2 mense. Waar? Draai van die Reenendalp­ad af by die Bibby’s Hoek-Jubilee Creek-bordjie. Draai ná 1,2 km links by Leeuwenbos­ch Estate. Die gasteplaas is aan jou regterkant ná 500 m. Kontak 083 785 9338;

nieu-wherry.co.za

Nog verblyfops­ies

Gaan na visitknysn­a.co.za vir nog verblyfops­ies of besoek die dorp se toerismebu­ro by die Knysna-inkopiesen­trum in die Hoofstraat. Kontak 044 382 5510

 ??  ?? Woodbourne Resort
Woodbourne Resort
 ??  ?? Cliffhange­r Cottages
Cliffhange­r Cottages
 ??  ?? Knysna Houseboats
Knysna Houseboats

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa