Weg!

Enige wyn pas by aartappels!

- – Cathy Marston

Aaartappel­s is sekerlik dié beste trooskos. Gebak, gerooster, fyn of gebraai – dis ’n dosis warmte vir koue dae. Hier is drie lekker wyne wat nét so goed werk in die winter, veral saam met aartappelg­eregte.

Die Slanghoek Cellars Camerca (R41) wen elke jaar my toekenning vir die wyn met die beste waarde en die swakste naam. As ’n mens die prys in ag neem, doen dit keer op keer méér as sy deel wat smaak en finesse betref. Dit word in die skilderagt­ige Slanghoekv­allei naby Rawsonvill­e gemaak (’n uitstekend­e weg-breekplek vir die winter, terloops) en is ’n 2015-Bordeauxve­rsnit van cabernet sauvignon en cabernet franc (ca-mer-ca, sien jy?). Die wyn is sag en ryp met heelwat swart vrugte en ’n speseryagt­ige nasmaak. Heerlik saam met ’n winterbraa­i.

Daar word deesdae nogal gegons oor cabernet franc: Al meer mense – hier en oorsee – besef die lekker van dié variëteit. Die Jakob’s Vineyard Cabernet Franc (R285) is ’n 2012-wyn deur die voorste wynmaker Peter-Allan Finlayson, gemaak van die vrugte van ’n klein plaas naby Walkerbaai. Dis ’n digte, donker wyn met ’n dropgeur, vars byt en ’n nasmaak wat talm. Dit sal perfek werk saam met ’n potjie propvol aartappels!

As jy in die winter witwyn drink, moet dit een met heelwat geur en dalk ’n tikkie eikehout wees. My keuse is nog ’n ongewone variëteit (om in te pas by dié maand se tema): die Oldenburg Viognier (R165), die nuutste uitreiking van dié landgoed in die Banghoekva­llei buite Stellenbos­ch. Die viognier-druifsoort kom oorspronkl­ik uit Frankryk se Rhônevalle­i. Hierdie weergawe het tikkies ryp steenvrugt­e en speserye, met ’n subtiele basis van vanielje-eikehout. Dit gee tegelyk die indruk van soetheid en varsheid en die wynmaker beveel spesifiek aan dat ’n mens dit saam met geroosterd­e patat eet. Wie’s ons om te stry?

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa