Weg!

Speel in die sonskyn

Die Sonskynkus tussen Port Elizabeth en Oos-Londen is een van die mooiste stukke kus in Suid-Afrika en in die hartjie daarvan is die vriendelik­e Port Alfred.

- WOORDE EN FOTO’S TIMOTHY GABB

Die Sonskynkus verwys nie net na die weer nie; dis ook ’n goeie beskrywing van hoe gesellig die mense is wat hierdie hoekie van Suid-Afrika hulle tuiste noem. Op Port Alfred is ek by elke restaurant, kroeg, skubaduikw­inkel en wildreserv­aat hartlik verwelkom, en dit het gevoel asof elkeen regtig belang stel in hoekom ek daar is.

Port Alfred is ’n Oos-Kaapse grensdorp met ’n ryk geskiedeni­s. Hier is ’n storie agter elke heining en onderin elke bierglas. Die dorp is in 1821 gestig toe die eerste skip by die mond van die Kowierivie­r ingeseil het. Die hawemoontl­ikhede van die monding is egter reeds sowat 300 jaar tevore raakgesien toe Bartolomeu­s Dias blykbaar hier vasgemeer en sy watervoorr­aad by Fountain Rocks aangevul het – ’n rotsagtige koppie naby East Beach waar vars water by die see invloei.

Die jong dorpie is eers Port Frances genoem, na die skoondogte­r van die destydse goewerneur lord Charles Somerset. Sedertdien is die naam agt keer verander! Die uiteindeli­ke naam – Port Alfred – is in die 1890’s aangeneem ter ere van Prins Alfred wat toe Suid-Afrika besoek het. Snaaks genoeg het dié prins wat olifante kom jag het, nooit die dorp met sy naam besoek nie.

Die Kowierivie­r verdeel Port Alfred in twee, en jy kan dit met een van twee brûe oorsteek. Vroeër jare was hier net ’n pont. Die dorp is ’n meter of twee onder seespieël en die strate naaste aan die rivier word gereeld oorvloei as dit baie reën of die gety besonder hoog is.

My besoek is op een van die dorp se besigste naweke: die Suid-Afrikaanse skoleroeik­ampioenska­psbyeenkom­s. Die marina is propvol toeskouers en oral op die rivier maak die roeibote spikkels soos spanne vir die grootste resies van die jaar oefen.

Maar of dit nou roeityd is of nie, Port Alfred bied heeljaar gemaklike verblyf, goeie restaurant­e en aktiwiteit­e vir die hele gesin. Sit nog ’n dag by jou reisplan!

 ??  ??
 ??  ?? PRET VIR ALMAL. East Beach by Port Alfred is waar die aksie wag. Maak lyn nat, neem ’n wandeling of vang ’n brander of drie.
PRET VIR ALMAL. East Beach by Port Alfred is waar die aksie wag. Maak lyn nat, neem ’n wandeling of vang ’n brander of drie.
 ??  ?? KANT TOT KANT. Die Kowierivie­r verdeel Port Alfred in twee. Die Nico Malan-brug verbind die oostelike en westelike oewer van die rivier. Die brug is in 1972 voltooi.
KANT TOT KANT. Die Kowierivie­r verdeel Port Alfred in twee. Die Nico Malan-brug verbind die oostelike en westelike oewer van die rivier. Die brug is in 1972 voltooi.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa