Weg!

MENSE SE LENSE

Canon 5D Mk. III Canon 16-35 mm-lens

-

Wil jy dié jaar ’n unieke blommefoto neem? Dié lesers wys jou hoe

ROBYN SKRYF: Ons was op ’n grondpad êrens in die Knersvlakt­e buite Vanrhynsdo­rp en ek het ’n hoërliggen­de plek gekry van waar ek blomme wou afneem.

Ek het besluit om op die blomme op die voorgrond te fokus, wat beteken Gifberg op die agtergrond is minder skerp. Dit was opsetlik: Die berg kan dof wees, maar dis steeds belangrik vir die komposisie omdat dit die kyker ’n idee gee van waar die foto geneem is en help om skaal te wys.

Ek is mal oor lenteblomm­e en maak altyd seker dat ek ’n draai in dié geweste gaan maak. Die gebied rondom Vanrhynsdo­rp en Nieuwoudtv­ille is mooi. Die beste raad wat ek kan gee, is om so ver Namibië toe te ry as wat tyd jou toelaat, en dan om te draai en stadig terug te ry Kaapstad toe. Só sit die son agter jou terwyl jy ry, en kyk al die blomme vir jou, pleks daarvan dat jy die heeltyd in jou truspieëlt­jie moet kyk!

SHELLEY SÊ: Ek hou daarvan dat Robyn sê sy het hierdie foto “êrens in die Knersvlakt­e” geneem. Dis waar: Om blomme te soek kan ’n mens nogal deurmekaar maak: Jy ry op en af op grondpaaie en dis maklik om later te vergeet waar jy jou foto’s geneem het. En dis alles deel van die avontuur.

Die bewolkte lug gee die foto ’n tikkie drama – dis baie meer algemeen om blomme onder ’n helderblou lug te sien. Robyn se besluit om die foto met ’n wyehoeklen­s te neem was slim, nes die een om op die blomme op die voorgrond te fokus. Met dié twee besluite beklemtoon sy die skaal en skep sy diepte.

Goeie foto, Robyn!

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa