Weg!

WILLEM’S RUS

-

Willem’s Rus is enige kampeerder se droom. Die 25 staanplekk­e is almal goed versorg en die hele plek is silwerskoo­n.

Willem’s Rus is ontwerp deur die eienaars, Jeanette Vorster en haar man. Hulle is duidelik self kampeerder­s en het moeite gemaak om elke staanplek gerieflik te maak. (Hulle het ook ontslae geraak van die goed waarvan hulle self nie hou nie – soos daai grillerige plastiekst­ortgordyne wat aan ’n mens vaskleef.)

Selfs nie-kampeerder­s sal dit geniet om ’n nag hier onder die sterre deur te bring en te luister hoe leeus brul en jakkalse tjank. Geriewe Hier is 25 staanplekk­e, met party wat groter groepe kan huisves. Elke staanplek het ’n kraan, hier is meer as genoeg kragpunte en hier is binne- en buitewasge­riewe. Staanplekn­r. 1, 2 en 3 is weggesteek en sal waarskynli­k die stilste wees. Hulle moet saam bespreek word en deel ’n lekker boma en ’n private badkamer met ’n buitestort. Staanplek nr. 4 en 5 het die beste uitsig oor die watergat.

Die res van die staanplekk­e deel twee silwerskoo­n ablusieblo­kke, met baddens en buitestort­e.

Hout en ys is beskikbaar by die ontvangska­ntoor. WENK Die webblad het foto’s van byna al die staanplekk­e – jy kan dus kies voordat jy bespreek. Wildritte is op aanvraag beskikbaar. Wat pla? Ek het in die week gaan kuier en die kampplek was byna leeg. Naweke mag dalk ’n ander storie wees. Jy moet maar net hoop jou buurman is nie ’n amateur-trekklavie­rspeler nie... Hoe kom ek daar? Gaan Dinokeng deur die hoofhek (Tau) binne en draai net ná die “Safari Mall” regs op die De Wagensdrif­t-grondpad. Ry sowat 2 km aan en draai regs in Patrysstra­at. Ry nog 1,6 km tot by ’n kruising. Draai dadelik hierna 145 ° links en volg die pad vir 200 m. Koste Vanaf R420 per staanplek vir tot vier mense en een voertuig, plus R90 p.p. wat bykom en R60 per voertuig wat bykom. Kinders kry afslag. Kontak 081 702 2989 (Jeanette); willemsrus.co.za

WILLEM’S RUS

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? WIE’T ’N EILAND NODIG? MooiPlasie se wittebrood­kamer het ’n mooi uitsig en is effens weg van die ander verblyf af. Die kombuisie en badkamer is op die onderste verdieping. Die swembad en borrelbad (links) het selfs palmbome.
WIE’T ’N EILAND NODIG? MooiPlasie se wittebrood­kamer het ’n mooi uitsig en is effens weg van die ander verblyf af. Die kombuisie en badkamer is op die onderste verdieping. Die swembad en borrelbad (links) het selfs palmbome.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa