Weg!

CHAMELEON BUSH LODGE

-

So mooi soos die veld hier rond is, bly dit droog. Daarom voel die luukse eenhede by die Chameleon Bush Lodge – met ’n grasperk rondom en ’n welkome swembad – soos ’n oase in dié vaal omgewing.

Al die eenhede kyk uit op ’n watergat en hier’s hope voëls – moet dus nie jou verkyker by die huis los nie. Die eenhede is selfsorg en het onderdakbr­aaiplekke. En die gesinseenh­ede het selfs ’n espressoma­sjien! Geriewe Hier is altesame sewe eenhede: vyf met slaapplek vir 2 en twee gesinseenh­ede met slaapplek vir 4. Drie van die vyf eenhede is losstaande en het ’n buitestort. Die twee gesinseenh­ede het ’n yslike kombuis en braaiput buite, asook ’n TV en koffiemasj­ien.

Die eienaars, Carlien en Chris Pieterse, bly in die Dinokeng-wildreserv­aat en is besig om ’n kuierplek met ’n lapa en kroeg op die perseel te bou. Dit gaan binnekort die ideale plek wees vir klein groepies wat die hele plek bespreek vir partytjies. WENK Begeleide wildritte en bosstappie­s is beskikbaar by die ghrênd Mongena-wildreserv­aat langsaan. Sit jou naam op die lys! Hoe kom ek daar? Vat die Hammanskra­al/Boekenhout­skloof-afrit van die N1 af. Draai net ná die tolhek regs en ry bo-oor die snelweg. Vat die eerste afdraai na links: die D48/Rust de Winter-pad. Gaan Dinokeng deur die hoofhek (Tau) binne en ry sowat 5 km tot jy by die Chameleon Bush Lodge uitkom. Bel die nommer op die hek om dit oop te maak. Koste In die middel van die week kos die chalets en gesinseenh­ede dieselfde: R325 p.p. Oor naweke en op openbare vakansieda­e kos die chalets R485 p.p. en gesinseenh­ede R520 p.p. (enkelreisi­gers betaal R100 ekstra). Kontak 082 736 9160 (Carlien); 082 454 6535 (Chris); chameleonb­ushlodge.co.za

 ??  ?? ’N BOSVELDOAS­E. Die Chamelon Bush Lodge het sewe eenhede, welige grasperke en ’n oorvloed voëls. Die gesinseenh­ede het elk ook ’n eie braaiput (onder).
’N BOSVELDOAS­E. Die Chamelon Bush Lodge het sewe eenhede, welige grasperke en ’n oorvloed voëls. Die gesinseenh­ede het elk ook ’n eie braaiput (onder).
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa