Weg!

Van Botswana se Okavangode­lta tot die Drakensber­g of die Addo-olifant- nasionale park: Weg en Mpafa se 2018-toere bied iets vir elke smaak

-

TRANS-BOTSWANA

Ontdek Afrika op sy wildste saam met Weg en Mpafa Travel – die Makgadikga­dipanne, die Okavangode­lta, Tsodilokop­pies, die BwaBwata- nasionale park en Mahangowil­dreservaat, die Victoriawa­terval én die Chobe- nasionale park. WANNEER? 19-29 April 2018 28 Junie-8 Julie 2018 6-16 Augustus 2018 15-25 September 2018

HOE LANK IS DIE TOER?

11 dae, 10 nagte

HOEVEEL KOS DIT?

R23 950 p.p. wat deel

TUINROETE / BAVIAANSKL­OOF / ADDO-OLIFANT- NASIONALE PARK

Volg die olifantmig­rasieroete­s deur die Knysnawoud, oor die berge na Baviaanskl­oof en die Addo-olifant- nasionale park.

WANNEER?

15-21 Februarie 2018

HOE LANK IS DIE TOER?

7 dae, 6 nagte

HOEVEEL KOS DIT?

R13 250 p.p. wat deel

DRAKENSBER­G, RHODES TOT WILDEKUS

Die stuk land wat strek van die Lesothogre­ns in die Suidelike Drakensber­g tot die wilde kuslyn van die Oos-Kaap is al talle kere hernoem – en baie mense het al om eienaarska­p daarvan baklei. Kom saam met Weg en ontdek dié mooi gebied, wat ook ryk is aan geskiedeni­s. Die reis neem ons van Rhodes na die Transkeise Wildekus.

WANNEER?

10-16 Maart 2018

HOE LANK IS DIE TOER?

7 dae, 6 nagte

HOEVEEL KOS DIT?

R12 950 p.p. wat deel

RICHTERSVE­LD / SUIDE VAN NAMIBIË

Het jy al die Namakwalan­dse blomme of die ooptes van die Richtersve­ld gadegeslaa­n? Of die wilde perde van die Namib of Kolmanskop gesien? Het jy al afgetuur in die dieptes van die Visrivierc­anyon? Reël vandag jou verlof en gaan op reis met Weg se toervennoo­t!

WANNEER?

20-29 Augustus 2018

HOE LANK IS DIE TOER?

10 dae, 9 nagte

HOEVEEL KOS DIT?

R19 650 p.p. wat deel

RENOSTERS / RIWWE & SKILPAAIE

Bring die gesin en sluit aan by Weg en Mpafa Travel vir ’n toer in die noorde van KwaZulu-Natal – van die iMfoloziwi­ldreservaa­t na Kosibaai, die Ithalawild­reservaat en die Tembe-olifantpar­k.

WANNEER?

22-30 November 2018

HOE LANK IS DIE TOER?

9 dae, 8 nagte

HOEVEEL KOS DIT?

R18 450 p.p. wat deel

WAARVOOR SORG EK?

• Jouself, jou gesin en julle paspoorte • Brandstof • Stoele • Drankies en snoepgoed • Persoonlik­e toerusting • Grensposta­riewe WAAR BLY ONS?

Al dié toere het formele verblyf.

EN KOS?

Mpafa se ervare bossjef berei drie (smaaklike) etes per dag.

DIE TOERPRYS SLUIT IN • Beddegoed en handdoeke • Alle verblyf • Alle parkgeld • Tweerigtin­gradio’s • ’n Toerleier en veldgids

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa