Weg!

TOERUSTING

- DEUR CYRIL KLOPPER FOTO’S JAMES GARAGHTY

Wárm baadjies, handskoene, snoesige pantoffels en ’n ordentlike slaapsak – bly só lekker warm hierdie winter.

Moenie dat die ysige weer jou dié winter binnenshui­s hou nie. Ons het ’n lys warm klere en kampgoed saamgestel sodat

jy selfs in die sneeu kan baljaar.

VIR VROUE

1 FIRST ASCENT ESSENCEOOR­TREKTRUI ’n Aangename eienskap van mikropluis­stof is dat dit sag genoeg is om direk op jou vel te dra. Die termodinam­iese materiaal laat sweet verdamp, maar hou jou liggaamshi­tte binne. ’n Pluspunt is die skelhelder pienk! R400 by Outdoor Warehouse en

firstascen­t.co.za

2 K-WAY WILLOWPLUI­SSTOFBAADJ­IE Die hoë kraag en trekkoord sal kil wind van jou nek afhou terwyl die opgestopte bors- en skouerpane­le ’n ekstra laag isolasie bied. Die baadjie se vleiende snit volg die kurwes van jou bolyf. R1 000 by Cape Union Mart

3 K-WAY ELSADONSBA­ADJIE Hierdie wind- en waterbesta­nde baadjie is gevul met egte gansdons sodat jy knus sal bly selfs al val sneeuvlokk­ies rondom jou. Dit weeg verbasend min en vou redelik klein op. Daar is twee buitesakke en een sak aan die binnekant vir ’n selfoon. ’n Trekkoord om die heupe hou die koue uit. R2 000 by Cape Union Mart

4 CAPESTORM BUSHWACKER-LANGBROEK Dié duursame langbroek het ’n indrukwekk­ende vyf sakke, elkeen met ’n ritssluite­r. Die geplooide nate om die knieë help dat jy maklik kan hurk sonder dat die broek styfspan. Daar is ook trekkoorde in die pype en ’n rek om die heupe sodat jy droog en warm sal bly in stormweer. Al is hy reën- en windbestan­d, moet jy liefs ’n long john of lang sokkies onder dit aantrek – die materiaal is maar dún. R1 000 by Sportsman’s Warehouse

5 HI-TEC EQUILIBRIO BIJOU MID 1-STEWELS ’n Skoen met ’n oop enkel is dalk gemakliker, maar as jy in sneeu of op gladde klippe loop, is ’n stewel beslis beter. Hierdie stapskoen is ’n skikking tussen gemak en enkelbeske­rming. Nie dat dit hoegenaamd ongemaklik is nie – die skokabsorb­erende sool, waterdigte materiale en opgestopte binnekant sorg vir sorgelose staptogte. R1 300 by Sportsman’s Warehouse

6 BRIDGEDALE WOMEN’S COMFORT SUMMIT-SOKKIES Nie almal is gaande oor lang sokkies nie. Dié paar stop halfpad teen jou kuite en is gemaak van merinowol en ander tegniese materiale sodat jou tone nie afval weens die koue nie. Op een of ander wonderbaar­like manier pas hulle los om jou kuite sonder dat jy hulle heeltyd hoef op te trek. R150 by Cape Union Mart

7 BLACK DIAMOND SUSANNAH-MUS Hierdie sagte mussie is gebrei met ’n gladde akrielstof. Die kabelpatro­on is modieus, maar dit sal jou darem nie soos ’n Dowwe Dolla laat lyk teen die hange van Sneeuberg of op ’n windverwaa­ide Skedelkus nie. R425 by rammountai­n.co.za

8 K-WAY SITH PRIMALOFT TOUCHHANDS­KOENE Lank gelede toe telefone nog knoppies gehad het, was dit glad nie ’n probleem om iemand met handskoene te bel nie. Deesdae met raakskerms is dit egter ’n gelol. Gelukkig het slimkoppe in wit jassies met hierdie handskoene vorendag gekom. Hulle is te dun om Mount Everest mee uit te klouter, maar ten minste kan jy ’n WhatsApp van Ribbokkop af stuur sonder om hulle uit te trek. R200 by Cape Union Mart

SÓ WERK LAE

Dis ’n goeie idee om klere in lae te dra: Elke laag dien ’n afsonderli­ke doel en jy kan dit soos ’n ui afskil namate toestande warmer word. Die binnelaag raak direk aan jou vel en daarom moet dit sweet kan hanteer. Dit is uiters belangrik dat hierdie laag nie uit katoen geweef is nie. Katoen is geneig om vog te absorbeer en klam te raak. Kies eerder klere wat van poliëster, polipropil­een, Spandex, wol of egte sy gemaak is.

Die middellaag hou hitte na aan jou lyf terwyl dit toelaat dat sweet verdamp. Sintetiese pluisstofw­ol en egte wol is geskikte materiale vir ’n middellaag, en anders as met long johns kan jy in die openbaar daarmee rondloop.

’n Isolasiela­ag is soortgelyk aan ’n bolaag. Dit is windwerend, maar nie noodwendig waterbesta­nd nie. Dit het beperkte ventilasie, maar is nie so bonkig soos ’n tipiese bolaag nie. ’n Isolasiela­ag sonder ’n bolaag werk goed in matige klimaat. As die kwik tot onder die vriespunt daal, moet jy eerder ’n spesifieke bolaag aantrek.

Die bolaag is jou beste wapen teen wind, koue en reën. Dis onwaarskyn­lik dat hierdie baadjie uit enigiets anders as tegniese materiale soos Gore-Tex of nylon bestaan. Die dae van karosse en pelse is lankal getel, want moderne materiale is warmer en dunner. >

 ??  ?? Bolaag
Middellaag
Binnelaag
3
2
1
Bolaag Middellaag Binnelaag 3 2 1
 ??  ?? 5
6
4
5 6 4
 ??  ?? 7
8
7 8
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa