Weg!

TOE & NOU

- Bronne Stellenbos­ch Drie Eeue (die Stadsraad van Stellenbos­ch, 1979), Colonial Houses of South Africa (Graham Viney, 1987) en Stellenbos­ch (Alice Mertens, 1966)

Libertas, Stellenbos­ch, 246 jaar later

Adam Tas is in 1668 in Amsterdam gebore en het as ’n 29-jarige Vryburger na die Kaap gekom. Hy word ’n sekretaris op sy oom Henning Hüsing se plaas Meerlust ’n ent buite Stellenbos­ch.

Teen dié tyd was daar al sowat 100 plasies in dié distrik. Een hiervan was Libertas, ’n stuk grond van 44 morg (37 hektaar) aan die voet van die Papegaaibe­rg, wat eers aan Jan Cornelisz (ook bekend as Jan Bombam) behoort het en in 1692 deur Hans Jurgen Grimpe oorgekoop is. Toe Grimpe ’n paar jaar later oorlede is, het Adam Tas met sy weduwee, Elisabeth van Brakel, getrou en sodoende ook die grond bekom.

Dit was ’n paar jaar nadat Willem Adriaan van der Stel die goewerneur­skap by sy pa, Simon, oorgeneem het – ’n magsposisi­e wat hy gou misbruik het. Die hoër amptenare van die V.O.C. het almal plase besit en baantjies vir boeties was aan die orde van die dag: Teen 1705 het ’n derde van al die plase in dié nuwe “kolonie” aan 20 amptenare behoort – hulle kon wyn, groente, vleis en graan op groter skaal as die Vryburgers verbou.

Die amptenare het die Vryburgers se inkomste toenemend gewurg deur die Kompanjie-afsetpunt te onderskep. Van der Stel het sy hand finaal oorspeel toe hy die vleis- en wynpagte van Vryburgers (onder wie Adam Tas se oom Henning) weggevat en dié kontrakte aan sy vriende toegeken het. Tas (wel ter tale en “de bekwaamste ter penne”) het namens die Vryburgers ’n klagstaat opgestel. Dit is deur 63 Vryburgers onderteken en na die Here Sewentien in Amsterdam gestuur.

Van der Stel was woedend! Die 63 mans is verhoor, en party na Nederland verban. Tas is ’n veel strawwer vonnis opgelê: Hy moes 13 maande en 17 dae in die Kasteel se Donker Gat (’n kelder sonder enige lig) sit, totdat die Here Sewentien op 16 April 1707 vir Van der Stel en ’n paar van sy makkers uit hulle pos onthef het.

Ná sy vrylating is Tas terug huis toe, en hoewel sy plaas reeds “Libertas” geheet het, was die woordspeli­ng sekerlik nie verlore op dié belese boer nie. Sy vrou is in 1714 oorlede, waarna Tas in 1717 met Johanna Koeval getrou het. Hy self is in Junie 1722 oorlede en hierna het Libertas aan Wouter de Vos behoort voordat die Roux-familie sewe geslagte lank daar geboer het. Die Blake-familie het dit in 1934 bekom. Tans boer Christo Blake hier. Sy ma, Yvonne, bewoon sedert 1956 die ou herehuis.

– Sophia van Taak

 ??  ?? LANK IN DIE LAND. Die datum op die Libertas-herehuis se gewel (1771) dui daarop dat die vooraansig van die huis bykans ’n halwe eeu nadat Adam Tas hier gewoon het, herbou is. ’n Groot deel van die ou plaashuis is egter nog die oorspronkl­ike struktuur,...
LANK IN DIE LAND. Die datum op die Libertas-herehuis se gewel (1771) dui daarop dat die vooraansig van die huis bykans ’n halwe eeu nadat Adam Tas hier gewoon het, herbou is. ’n Groot deel van die ou plaashuis is egter nog die oorspronkl­ike struktuur,...
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa