Weg!

RESERVAAT

-

Soek’ n oorbietjie in die Chelmsford­natuurrese­rvaat naby Newcastle.

Maak die lang pad van Johannesbu­rg af kus toe ’n bietjie korter en bly oor op die oewer van die Ntshingway­odam. Jy sien dalk die trots van Chelmford in die lang gras: die oorbietjie. KwaZulu-Natal se grootste bevolking van dié vaalbruin bokkie met die swart stert woon in dié reservaat. Wat doen ek hier? Ry die Leokop Auto Trail – ’n goed gemerkte roete wat jou deur die habitats van onderskeid­elik blesbokke, oorbietjie­s en sebras vat, en dan deur ’n moerasland kronkel.

Baie voëls hou in die vlei – kyk hoeveel van die 210 opgetekend­e spesies julle kan raaksien (kry ’n voëlpamfle­t by die ingang na die reservaat). Die roete is gewoonlik doenbaar met ’n sedan, behalwe as dit baie gereën het. Maak seker by die ontvangska­ntoor voordat julle in die pad val.

Nou is dit speeltyd, en die dam wag! Julle kan swem, seil (R100 vir ’n bootpermit), roei, waterski en vlieërplan­kry. Maar – soos gereelde besoekers sal beaam – die plek waar jy eintlik wil wees, is op jou kampstoel voor jou tent, met ’n vislyn in die water, aan die wag dat ’n karp byt... Slaap hier Hier is chalets (vanaf R500 p.n.) met slaapplek vir vier op die rand van die water. Die chalets word daagliks skoongemaa­k. Hier is ook twee kampterrei­ne – Sanford en Leokop – met braaigerie­we, warm storte en kragpunte (vanaf R80 p.p.). Die reservaat se winkeltjie verkoop ys, hout, houtskool, koeldranke en peuselhapp­ies. Dagbesoeke­rs R30 per volwassene; R15 per kind. Aanwysings Die reservaat is sowat 360 km suidoos van Johannesbu­rg. Die ingang is 35 km suid van Newcastle met die N11. GPS S27.95875 E29.90664 Kontak 033 845 1000; kznwildlif­e.com

– Ian McNaught Davis

 ??  ?? JOU EIE RIVIEROEWE­R. Die grasperke by die selfsorgch­alets by Chelmsford loop tot teenaan die Ntshingway­odam. Die dam is genoem na ’n Zoeloegene­raal wat sy soldate gelei het teen lord Chelmsford in die Slag van Isandlwana.
JOU EIE RIVIEROEWE­R. Die grasperke by die selfsorgch­alets by Chelmsford loop tot teenaan die Ntshingway­odam. Die dam is genoem na ’n Zoeloegene­raal wat sy soldate gelei het teen lord Chelmsford in die Slag van Isandlwana.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa