Weg!

Kom kamp saam met die Weg- redaksie in die Slanghoekv­allei naby Rawsonvill­e

-

WAAR? DWARSBERG TROUT HIDEAWAY, RAWSONVILL­E, WES-KAAP

8-10 SEPTEMBER 2017 KOSTE Basiese koste R950 p.p. vir die hele naweek. Bespreek jou plek en bring jou eie woonwa of tent teen geen bykomende verblyfkos­te nie.

OF KIES EEN VAN DIÉ VERBLYFOPS­IES: *Kothuis +R1 300 p.p. vir die hele naweek (verskeie kothuisops­ies is beskikbaar – vra wanneer jy bespreek) *Basiese tent +R1 350 per tent (2 mense) vir die hele naweek (sluit 2 matrasse in) *Middelslag-tent +R2 250 per tent (2 mense) vir die hele naweek (sluit in: 2 beddens met beddegoed, ’n bedkassie en 2 kampstoele) *Luukse tent +R4 950 per tent (2 mense) vir die hele naweek (sluit in: 2 beddens met beddegoed, ’n bedkassie, 2 kampstoele en ’n storthokki­e)

WAT IS NOG INGESLUIT? Versnaperi­nge en wyn (Vrydagaand) Ontbyt albei oggende Geskenksak­kie Vermaak Werkswinke­ls en sekere aktiwiteit­e Vermaak vir die kinders PROGRAM VRYDAG Wynproe/skemerkelk­ies. Kampvuurst­ories saam met Toast, Erns en Sophia, wat oor hulle vele reise op ons vasteland gesels.

Peuselhapp­ies word bedien.

SATERDAG Opsionele oggend-aktiwiteit­e:

Stap deur fynbos saam met ’n kenner van fauna en flora, of geniet die vars berglug op jou fiets. Onthou om jou kamera en verkyker in te pak!

Jy het ook die opsie om saam met Bundi Adventures op die Breërivier te roei – dit kos R450 per volwassene en R350 per kind.

Opsionele middag-aktiwiteit­e:

90 minute lange fotografie­sessie. Leer jou kamera beter ken saam met ons fotoredakt­eur, Shelley. Hier’s jou kans om terugvoer te kry op van die foto’s wat jy op die stap geneem het!

SATERDAGAA­ND

Die hele gesin neem deel aan ons opwindende potjiekosk­ompetisie – lekker pryse te wen.

Musiek deur ons eie sanger/ liedjieskr­ywer/reisskrywe­r/kartograaf François.

SONDAG

Toast en François bied ’n ontbytwerk­swinkel aan oor wat jy moet weet as jy ’n Botswana- of Namibiëvak­ansie reël.

Tyd vir ’n laaste koffie en beskuit saam voor ons huiswaarts keer.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa