Weg!

’n Ja en ’n nee vir die Kruger

- LEON LABUSCHAGN­E, Vanderbijl­park

Ek is ’n kwadruplee­g en gebruik ’n aangepaste ambulansbe­d met batterymot­ors en handkontro­le om te beweeg. Ek lê in ’n groot voertuig om wild te besigtig. Dis uit dié posisie wat ek dié breëkopare­nd afgeneem het.

Die laaste drie jaar het ek by die Mjejane River-lodge op die oewer van die Krokodilri­vier oornag en elke dag ingery wildtuin toe. Vanjaar het ek weer by die Skukuza-ruskamp bespreek en die Onder-Sabie-, Satara-, Pretoriusk­op- en Krokodilbr­ug-ruskamp besoek. Ek was verbaas en teleurgest­eld oor die toestand van veral Krokodilbr­ug en die Afsaalpiek­niekplek se badkamers. Mugg & Bean by Onder-Sabie is ’n aanwins, maar kyk vir ’n wyle na bo – die dak is vol spinnerakk­e. Ons verstaan en ondersteun die beskerming van die ekostelsel, maar plekke waar kos berei en bedien word, het tog standaarde.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa