Weg!

Hei, jy blokkeer my son!

- – Willie Koorts

Hou vroegaand op 7 Augustus die Maan dop – ’n klein happie sal daarin verskyn, weens ’n gedeelteli­ke maanverdui­stering. Kyk na die maanfases hieronder: Dis die datum vir volmaan. Is dit toevallig? Met volmaan sit die Aarde presies tussen die Son en die Maan. Daarom kan die Aarde se skaduwee op die Maan val, wat dié maand gebeur.

Hoekom verduister die Maan dan nie met elke volmaan nie? Die Aarde se skaduwee val die Maan meestal mis. Twee maal per jaar, wanneer die Aarde se baan om die Son sny met die Maan se baan om die Aarde, is die posisioner­ing perfek sodat die Aarde se skaduwee op die Maan kan val.

Kyk ’n bietjie: Die rand van jou eie skaduwee is nie perfek is as jy in die son staan nie. Dis omdat die Son ’n bol is en nie ’n puntbron nie. As jy lig deur ’n klein gaatjie in die muur skyn, is dit ’n puntbron en sal jou skaduwee duideliker randjies hê.

Maar die Son is ’n yslike ligbron wat ver weg is en waarvan die rand nie so duidelik gedefiniee­r is nie. Daarom het die Aarde ’n halfskaduw­ee en ’n (kleiner) volskaduwe­e.

Dis skaars merkbaar wanneer die Maan in die Aarde se halfskaduw­ee inbeweeg. Eers wanneer dit die volskaduwe­e bereik, sal jy oplet dat daar ’n happie uit die Maan is.

Die volskaduwe­efase (die sigbare deel) begin op 7 Augustus om 7.22 nm. Om 8.20 nm. is die happie op sy grootste met ongeveer ’n kwart van die Maan verduister. Teen 9.18 nm. verlaat die Maan die volskaduwe­e en teen 10.51 nm. is alles verby.

 ??  ?? A Maan in halfskaduw­ee (5.49 nm.)
B Maan in volskaduwe­e (7.22 nm.)
C Maksimum-verduister­ing (8.20 nm.)
D Maan verlaat volskaduwe­e (9.18 nm.)
E Maan verlaat halfskaduw­ee (10.51 nm.)
A Maan in halfskaduw­ee (5.49 nm.) B Maan in volskaduwe­e (7.22 nm.) C Maksimum-verduister­ing (8.20 nm.) D Maan verlaat volskaduwe­e (9.18 nm.) E Maan verlaat halfskaduw­ee (10.51 nm.)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa