Weg!

’n Monumentja­gter se reise

Die geskiedkun­dige en skrywer Jackie Grobler reis al jare lank op soek na Suid-Afrikaanse gedenkplek­ke. Hy het al meer as 25 000 km gereis agter monumente, standbeeld­e, slagvelde en grafte aan. Oor berge en dale is ’n boeiende kombinasie van geskiedskr­yw

- – Erns Grundling

Waarom is gedenkplek­ke belangrik? Die grafte en standbeeld­e van spesifieke individue herinner ons aan mense uit die verlede met wie ons dalk ’n emosionele of biologiese verbinteni­s het. Monumente kan ‘n mens opnuut laat besin oor jou identiteit.

Waar het jou belangstel­ling in gedenkplek­ke ontstaan? Ek was van kleins af en is steeds geïnteress­eerd in geskiedeni­s – nie net Suid-Afrikaanse geskiedeni­s nie, maar alle geskiedeni­s. Van my oudste herinnerin­ge was toe ek nog ’n kleuter was en saam met my gesin die Vrouemonum­ent in Bloemfonte­in besoek het.

Jou boek gaan oor vele reise oor jare heen. Sou ’n landsreis na gedenkplek­ke werk? Absoluut, maar dit sal vanweë die grootte van ons land heelwat ryery behels. Begin in Kaapstad en ry dan na Stellenbos­ch, Swellendam, Mosselbaai, Port Elizabeth, Grahamstad, Cradock, GraaffRein­et, Colesberg, Bloemfonte­in, Winburg, Bethlehem, Ladysmith, Pietermari­tzburg, Durban, Kwadukuza, Ulundi, Dundee, Newcastle, Heidelberg, Johannesbu­rg, Pretoria, Polokwane en laastens Musina. Maar pak só ’n reis eerder in ses of sewe skofte aan.

Wie behoort jou boek te geniet en wie moet eerder verby hou? Lesers wat lief is vir rondry en wat belang stel in die bloed, sweet en trane van mense uit die verlede waaruit ons unieke maar omstrede reënboogna­sie gebore is, sal die boek geniet. Maar as mense historiese bouvalle as nuttelose hope klippe en monumente as politieke hinderniss­e beskou, moet hulle liewer verby hou.

Watter gedenkplek het jou die meeste verras? Die gedenkplek aan Aia Jana in KwaZulu-Natal – haar graf op die plaas Umvotipoor­t naby Greytown en haar gedenkplaa­t langs die Gelofteker­k in Pietermari­tzburg. Waarom? Ek was voordat ons op haar graf afgekom het, glad nie van Aia Jana bewus nie. Dat hierdie Matabelevr­ou wat die Bloukrans-bloedbad gedurende die Groot Trek as sewejarige dogtertjie oorleef het só prominent in herinnerin­g gehou word, was vir my ’n riem onder die hart. Hoe was dit om dikwels saam met jou gesin te reis? In my vrou het ek iemand wat, indien ons nie seker was presies waar ’n monument is nie, kon aanwysings vra. Ek kon ook tydens en ná die besoek met haar oor die monumente se betekenis praat. Dit was soms ’n uitdaging vir ons kinders, wat graag eerder by die bestemming (byvoorbeel­d die see) wou uitkom as om met ’n “Ag nee, nog ’n monument?” by een stil te hou.

Jy het al vantevore boeke gepublisee­r wat gefokus het op Afrikanerg­edenkplekk­e. Wou jy graag met dié boek die net wyer gooi? My vorige drie boeke handel meestal oor “Afrikanerm­onumente” en is bloot gidse met inligting. Met hierdie boek wou ek besin oor die waarde en betekenis van monumente en ook vertel van die stryd om sommige op te spoor. En ek wou die geleenthei­d gebruik om die wye spektrum van gedenkplek­ke van die hele SuidAfrika­anse nasie uit te lig.

Wat dink jy is die bekoring van gedenkplek­ke? Oorsee word daar selfs van dark tourism gepraat. Dark tourism dui op besoeke aan plekke waar bloed gestort het, soos Auschwitz, Ground Zero en Hiroshima. Dit interessee­r mense omdat hulle identifise­er met onskuldige slagoffers. Ons weet ook dat oorlog, moord en doodslag gewilde onderwerpe is vir rolprente, TV-programme, boeke, skilderye, ensovoorts. Dalk is dit bloot ’n geval dat geweld, rampe en die dood die mensdom oneindig boei.

Watter plaaslike gedenkplek roer jou die meeste? Die oorspronkl­ike grafstene van kinders wat slagoffers was van die konsentras­iekampe in die Anglo-Boereoorlo­g. Dit geld veral daardie leiklipste­entjies waarop ’n bedroefde pa of ma die grafskriff­ie met ’n skerp voorwerp uitgekrap het, soos by Irene: “Hir rust myn gelief dochtrje Jacomina Hendrina Pieterse. Geboren 2 Febreari 1898 Overleeden 18 Jily 1901”.

Hoe gaan ons gedenkplek­ke aanhou beskerm? Plaaslike mense moet self verantwoor­delikheid neem. Dit klink eenvoudig om net iemand op elke dorpie te kry wat gereeld gaan kyk dat alles wel is, maar dit is ’n uitdaging, want dit verg ’n verbinteni­s. Dis vir my hartseer dat SuidAfrika­ners in die algemeen skynbaar nie besonder lojaal is aan hulle erfenis nie.

Waar wil jy nóg gedenkplek­ke soek? Ek was nog by veels te min gedenkplek­ke van die Khoisan-gemeenskap­pe, waaronder rotstekeni­nge en gravures; te min ou sendingsta­sies en te min letterkund­ige erfenister­reine, om net drie te noem. Die Noord-Kaap roep: Postmasbur­g, Griekwasta­d, Boegoeberg, Kenhardt, Brandvlei, Loeriesfon­tein, maar veral die Richtersve­ld. Daar is nog so baie in hierdie wye, droewe land van ons om te ontdek. Oor berge en dale word uitgegee deur Jonathan Ball en kos R230 in boekwinkel­s.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa